Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Hou jou battery gesond en wen

Met die skoolvakansie wat aangebreek het, is dit goed om voordat jy die langpad met jou bos- of woonwa aanpak, eers weer ’n oog te gooi oor die toestand van sy battery.

Die battery is noodsaaklik om jou woonwa se ligte aangeskakel te hou, om jou oggendkoffie mee te maak en die yskas koel te hou.

Net soos met jou voertuig se battery, verskaf jou leefstyl­eenheid se battery ook voortdurend krag, of dit nou gebruik word of nie. Daarom kan dit net so maklik afloop as jy dit nie gereeld monitor nie.

Onthou om jou leefstyleenheid se battery ook in ’n topkondisie te kry voordat jy met vakansie vertrek.

1. Herlaai hom

Herlaai jou battery gereeld sodat dit nooit op laer as 50% van sy kragvlak is nie. As die battery heeltemal pap is, kan dit per­manente skade aanrig, wat kan maak dat jy ’n nuwe een sal moet koop.

2. Volgelaai is beter

Batterydeskundiges stel voor dat jy jou battery liefs in ’n puik kondisie moet hou deur dit voortdurend tot op sy maksimum vlak gelaai te hou. As dit afgeloop het en jy sien ’n wit lagie by die kragpunte, beteken dit die battery sal nie weer kan werk nie.

3. Hou hom skoon

As jy jou battery in sy beste werkende toestand wil hê, moet jy dit maar gereeld skoonmaak. Nie net die battery self nie, maar ook die kontakpunte.

4. Wat ruik so?

’n Maklike manier om uit te vind of daar iets fout is met jou battery, is om te ruik of jy nie die reuk van vrot eier ruik nie. Dié reuk kan beteken dat jou battery te veel krag ontvang het, wat hom ook kan beskadig.

  • Twee gelukkige lesers kan elkeen ’n geskenkbewys ter waarde van R2 500 van Battery Centre wen. Stuur jou antwoord op ons lesersvraag na motors@media24.com, saam met jou naam, adres en kontaknommer, en skryf Leserskompetisie in die boodskapveld. Die kompetisie sluit môre om 12:00. Die wenners sal deur Battery Centre gekontak word.

Vraag: Vir watter reuk by jou battery moet ’n mens soek as jy wil weet of jou battery besig is om agteruit te gaan?

Meer oor:  Instandhouding  |  Vakansie  |  Battery  |  Woonwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.