Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Isuzu-brandwaens doelgebou vir Baai

Toe die Baai nuwe brandweerwaens nodig gehad het om sy vloot uit te brei, het die munisipaliteit op die knoppie van Isuzu gedruk om te help met die versoek.

Gereed om die Baai en omstreke te beskerm. Hier is van die stad se brandbestryders by hul nuwe brandweerwaens: Vuyo Marele, Doreen Jim en Mteza Mqopi.

Isuzu was die gepaste kontrakteur vir dié taak, aangesien sy aanleg juis in Port Elizabeth gesetel is. Die Isuzu-groep is ook die grootste verskaffer in die land van middelslagvragmotors, waarop die nuwe brandweerwaens juis geskoei is.

Isuzu het sy fris FXZ 26-360 6x4-vragmotor gebruik vir die ombouing. Die vragmotor is vir ’n plaas­like ombouer, Kanu Commercial Body Construc­tion, gegee om die vrag­motor se geraamte in ’n volwaardige en gedugte brandweerwa om te toor.

Kanu se span het ’n groot watertenk van 13 500 liter agterop vas­gebout, asook nog ander noodsaaklike toerusting soos twee brandslange, ’n hoëdrukpomp en ander brandtoerusting.

Die resultaat is ’n groot brandweerwa wat doel­gebou is vir plaaslike toestande danksy sy kragtige aandrywingstelsel, en ’n aangepaste ratkas om gemaklik met ’n swaar watervrag en personeel oor ruwe terrein te kan ry.

Die Nelson Mandelabaai-metro sê nou hy gaan voort­aan al hoe meer van Isuzu gebruik maak om in sy munisipale vervoer­behoeftes te voorsien.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.