Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Isuzu SA slaan groot bakkie-kontrak los

Dit is tans onstuimig in die plaaslike motorbedryf met veral verkope wat sterk onder druk is.

Ramkat! Isuzu Suid-Afrika gaan binnekort begin om dié nuwe spogbakkie in sy fabriek in Port Elizabeth vir die land sowel as die res van Afrika te bou.

Desondanks het Isuzu Suid-Afrika pas die nuus ontvang dat hy kan voortgaan om die Japanse vervaardiger se volgende D-Max-bakkie by sy fabriek in Struandale, in die Baai, te bou.

Die besluit – met ’n beleggingswaarde van R1,2 miljard – vanuit Japan was nogal in die weegskaal, aangesien Suid-Afrika die afgelope tyd op ekonomiese sowel as politieke vlak deur diep waters is.

Die Suid-Afrikaanse direksie van Isuzu SA het egter verlede maand ’n voorlegging aan die moedergroep in Japan gemaak, waarna die finale kopknik vandeesweek gegee is.

Benewens die R1,2 miljard in direkte beleggings vanuit Japan sal die besluit ook R2,8 miljard se waarde (van plaaslike goedere wat vir die bakkies gebou word) regdeur die projek se rakleeftyd ontsluit.

Sedert General Motors hom twee jaar gelede aan die land onttrek het, is die Opel- en Isuzu-bedrywighede in die Oos-Kaap diep geraak. Opel het nou ’n nuwe beheerliggaam in die land, maar met ’n kleiner voetspoor van handelaars regoor die land.

Isuzu op sy beurt is volwaardig deur Isuzu Japan oorgeneem, die eerste filiaal buite Japan wat dit te beurt geval het. Tans vervaardig Isuzu SA die D-Max-bakkie (die ou KB-reeks), asook enkele Isuzu-vragmotors.

Volgens Isuzu SA is 1 000 werkgeleenthede deur die positiewe besluit gered, terwyl ’n verdere 4 000 werkgeleenthede by verskaffers ook nou behoue gebly het. Dit is goeie nuus vir die Baai wat veral onder werkloosheid en armoede ly.

Dit is goeie nuus vir die Baai wat veral onder werkloosheid en armoede ly.

Beide die Japanse ambassadeur (Norio Marujama) as Suid-Afrika se minister van nywerheid en handel, Ebrahim Patel, het die besluit om met die werksaamhede in Suid-Afrika voort te gaan, verwelkom.

Patel het gesê dit is ’n teken dat daar vertroue in president Cyril Ramaphosa se ontwikkelings- en beleggingsplanne is, asook oor die land se groeipotensiaal.

Tans word die bakkie grootliks vir die plaaslike mark gebou, maar Isuzu het groot planne om dit na die res van Afrika uit te voer. Die groep beoog om binnekort 29 000 bakkies per jaar by sy Struandale-aanleg te bou.

Meer oor:  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.