Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Isuzu wys sy omgekrapte bakkie

Isuzu het so stil-stil ’n lieflike nuwe bakkie tot sy reeks gevoeg, maar jy sal moet gou spring as jy een van die nuwe X-Rider Blacks wil hê.

As jy jou innnerlike Knight Rider wil loslaat agter jou bakkie se stuur, is Isuzu se X-Rider Black ’n goeie beginpunt. Als is swart geverf, en sy binneruim bied ’n gerieflike raakskerm vir die klankstelsel.

Volgens die Oos-Kaapse vervaardiger (die Japanse groep bou die D-Max-bakkies ook by sy aanleg in Port Elizabeth) is net ’n handvol van hierdie netjiese bakkies beskikbaar gestel.

Die groep het voorheen reeds ’n X-Rider Black gehad, wat toe geblyk het so gewild te wees dat Isuzu nou weer ’n paar modelle na sy handelaars verskeep het.

Die Black moet nie met die gewone D-Max X-Rider verwar word nie, wat nou deel van die reeks is soos wat die WildTrak deel van Ford se Rangerreeks is.

Wat die Black betref, doen hy sy naam gestand. Feitlik die hele buitekant is pikswart afgewerk. Die 18-duim-wiele is swart geverf, net soos ook die dakrelings, die buffers, sytrappe, rolstaaf agter en die kantspieëls.

Slegs die kenteken op die sierrooster is rooi, en staan nou baie mooi teen die bakwerk uit.

Binnelangs is die sitplekke met swart leer oorgetrek, terwyl rooi stikwerk ’n mooi kontras vorm. Die instrumentpaneel bied ’n donkergrys voorkoms met enkele blinkswart afwerkings hier en daar. Daar is ook rooi X-Rider- en X-kentekens by die deure en teen jou kopstutte.

Standaarditems vir die Black sluit in ’n sleephak en swart toetrekseiltjie vir jou laaibak. Jy kry ook ’n groot raakskerm binne wat koordloos met jou slimfoon gekoppel kan word.

Onder die enjinkap sit Isuzu se kleiner 2.5-liter-turbodiesel (daar is ook ’n 3.0-liter in die D-Max-reeks). Die Black is slegs as ’n 4x2-dubbelkajuit te kry, en kom standaard met ’n 5 jaar/90 000 km-diensplan.

Prys: Isuzu D-Max X-Rider Black – R462 000.

Meer oor:  Isuzu  |  Nuwe Model  |  Motors  |  Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.