Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Jaers van ouds wys hul slag in Kaap
Sarel van der Merwe (voor) gaan weer een van die groot name wees wat die naweek in sy yslike Ford Galaxie die baan aan die brand gaan ry.Foto: Colin Brown

Liefhebbers van gister se goue era van groot sedanrenmotors moet nie die naweek se baan­ren­aksie op Killarney misloop nie. Die Kaapse baan speel Saterdag gasheer vir die tweede ronde van die Passion for Speed-reeks.

Benewens bekende renjaers soos Sarel van der Merwe, sal daar enkele oorsese deelnemers wees wat met hul klassieke rygoed hul slag op die Kaapse renbaan kom wys.

Die renreeks se openingsronde is verlede naweek op die Zwartkops-baan net buite Pretoria gehou.

Hoogtepunte van die naweek se renprogram sluit in Le Mans-tipe sport- en GT-motors, asook ’n groep historiese sedanmotors en enkelsitplekkers.

Die program sluit ook internasionale klassieke superfietsrenne in.

Iets om na uit te sien is die internasionale sportmotors waar oorsese jaers soos die Sweedse jaers Jan Kling en Kennet Persson in hul Ford GT40’s te staan gaan kom teen die Britse besoekers Donald Duncan (McLaren M1), Chris O’Neill en Richard Wilson in hul Jaguar E-Types.

Suid-Afrika sal verteenwoordig word deur onder andere die Campos-gesin in pa Rui se fantastiese Porsche 917 en sy seuns Jason en Keegan in hul 911 RSR’s.

Voeg daarby Ross Lazarus en Oliver Dalais in nog twee Ford GT40’s en ’n string Shelby Daytona-koepees in die hande van Peter Lindenberg en Ferdi van Niekerk, en ’n dag van heerlike jaagvernuf lê voor.

Nog ’n hoogtepunt sal die klassieke sedanmotors wees met die Nederlandse Ford-jaers Michiel Campagne in ’n Mustang en Francesco van Maarschalkerwaart in ’n Galaxie.

Nog ’n ongewone gesig sal die groot renveld Suid-Afrikaanse enkelsitplekkers wees wat ’n string belangrike ou F1-motors insluit.

Daar is ook ons eie Sarel van der Merwe in nog ’n Ford Galaxie, Paige Lindenberg in haar Ford Fairlane, haar pa, Peter, in nog ’n Mustang en die Pretoriase broers Mark en Jono du Toit in hul haastige Chevrolets en die Kaapstadse jaer Vance Kearney in sy Ford Capri Perana V8.

Nog ’n ongewone gesig sal die groot renveld Suid-Afrikaanse enkelsitplekkers wees wat ’n string belangrike ou F1-motors insluit.

Die Britse besoekers Andrew Wareing (BRM P261), Richard Wilson (Lotus 27) en Jim Timms (Cooper T59) sal groot belangstelling lok, terwyl Pat Dunseith agter die stuur van Peter de Klerk se plaaslik ontwikkelde 1962-Alfa Special, wat desjare die topmotor was, sal inskuif.

Allan Bailie se Lotus 24 is dieselfde motor waarmee Jack Brabham in die 1964-wêreldkampioenskap gejaag het voordat die legendariese Syd van der Vyfer die motor ingevoer het om hier te kom jaag.

Die Passion for Speed-rendag bied hope vermaak vir die hele gesin, heerlike kos en ander verversings.

Renne begin om 09:00 en kaartjies kos R100 vir volwassenes en R40 vir kinders 12 tot 16 (gratis toegang vir kinders jonger as 12).

Meer oor:  Veteraanmotors  |  Motors  |  Wedren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.