Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Klein C3 kry ekstra luukses

Citroën het sy klein C3-luikrug ’n opknapping gegee, maar jy sal mooi moet kyk om enige verskille in die Fransman op te merk.

Die reeks bestaan steeds uit net twee weergawes – die Feel, wat as basismodel dien, en die deftiger Shine. Albei word deur ’n 1.2-liter-petrolenjin aangedryf (met drie silinders), ’n enjin wat die Franse vervaardiger wyd in sy portefeulje voertuie gebruik.

In die Feel is die enjin sonder ’n turboaanjaer en bied dit ’n skoonma-vriendelike 60 kW en 118 Nm wringkrag. Versnelling na 100 km/h geskied ’n vergadering en 13.2 sekondes lank, en ’n vyfgang-handratkas is standaard.

Die Shine kry gelukkig die turbogedrewe susterenjin, en kragsyfers lyk sommer dadelik meer betaamlik (81 kW, 205 Nm).

Dis ook meer eerste-afspraak-materiaal met ’n versnellopie van 9.4 sekondes, terwyl die sesgang-outo’kas jou komkommerkoel agter die stuur sal laat lyk.

Ons hou nogal van die C3 se nuwe, platter roosterontwerp. Pryse is heel mededingend, maar ons sou ekstra opdok vir die turbomodel.

Wat het ons hier?

Terwyl die intree-Feel tevrede moet wees met 15-duim-staalvellings, kry die Shine 16-duimers in allooi. Die Shine het ook daardie kenmerkende streep swart “lugborrels” op die deure wat as beskerming dien vir, wel, ons weet nie eintlik waarvoor jy dit nodig het nie.

Wat die opknapping betref, kry albei modelle nou ’n nuwe rooster en hoofligte. Die rooster se opening bo is ’n handbreedte plat, maar met ’n groter lugopening in die middel nou bygevoeg.

Die LED-liggies wat regdeur die dag skyn lyk nou treffend met hul dun voorkoms op die hoeke van die rooster, terwyl die hoofligte self groter eenhede is, en net onder die LED-lampies geposisioneer.

’n Groter raakskerm en meer standaardtoerusting (soos ’n banddrukmonitor en waarsku-gonsers) is nou standaarditems in die deftiger Shine-modelle.

In die kajuit het Citroën nie veel aan sy wenresep van ’n moderne uitleg in blinkswart materiale getorring nie. Albei modelle kry nou ’n inligtingskerm, maar die Shine s’n is ’n raakskerm en ook ietwat groter wat die oppervlak betref.

Standaarditems vir die Feel én Shine sluit in ’n stuurwiel oorgetrek met leer en met skakelaars om die radio mee te beheer, lugversorging, spoedbeheer, ’n baanverlaat-gonser, ’n kamera wat kyk of jy nie agter die stuur indut nie en ’n banddruk-monitor. Daar is ook ses lugsakke en vastrapbeheer ingesluit.

Die Shine kry elektriese vensters voor en agter, kantspieëls wat wegvou as jy afskakel, outomatiese hoofligte en ruitveërs, en parkeergonsers agter.

Pryse:

C3 1.2 Feel – R269 900;

C3 1.2 Shine – R324 900.

Meer oor:  Citroën  |  Luukses  |  Luikrug  |  Opknapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.