Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Klein Suzi kry ekstra liefde

Sy naam is dalk laf soos spookasem, maar as Suid-Afrika se goedkoopste sedan vul die Suzuki Dzire ’n belangrike nis in die Suid-Afrikaanse motorlandskap.

Die Dzire is die sedan-weergawe van die gewilde Swift en het pas ’n klein opknapping ondergaan. Die reeks bestaan uit die basiese GA en die deftiger GL.

Straks die opvallendste aspek van die opknapping is die nuwe sierrooster. Die ou rooster het ’n boonste en onderste helfte gehad, maar nou is die rooster een, diep blok wat nogal aan Audi se rooster van ’n paar jaar gelede herinner.

Lyk hy nou begeerlik? Suzuki se opgeknapte Dzire draf nou met ’n skoongeskeerde gesig.

Fyn kykers sal ook oplet dat die metaalrand om die rooster in silwer afgewerk is op die basiese GA, en in chroom op die GL. Die GL kry nou ook allooiwiele (15-duimers), waar hy in die verlede net plastiekwieldoppe gehad het.

In die binneruim is daar nou ’n nuwe bekleedsel vir die sitplekke, maar seker die beste opknapping is die lysie standaardtoerusting wat nou langer geword het vir die goedkoper GA-weergawe.

Die GA kry nou ’n stabiliteit­beheerstelsel wat saam met die ABS-remme werk. Ander veiligheids- en nutstoerusting sluit in lugversorging, sentrale sluiting en elektriese vensters.

Die GL op sy beurt kry ’n radio, misligte en ’n toereteller ekstra.

Onder die enjinkap sit die natuurlik geaspireerde 1.2-liter-enjin wat 61 kW en 113 Nm wringkrag lewer. Krag gaan na die voorwiele met ’n vyfganghandratkas. ’n Outomatiese ratkas is glo volgende jaar op pad, maar dié sal ’n geoutomatiseerde handrat wees soos wat die Renault Kwid het.

Alle modelle is vergesel van ’n 2 jaar/30 000 km-diensplan.

Pryse:

Suzuki Dzire GA – R178 900;

Suzuki Dzire GL – R196 900.

Meer oor:  Motors  |  Opknapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.