Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Klein UX ’n moderne stadskind

Die weeldesportnuts is vandag se aspirasie-voertuig. Elke luukse fabrikaat het deesdae so ’n model en die verbruiker kan net nie genoeg van dié tipe voertuie kry nie.

Dis ’n indrukwekkende lysie modelle wat hier met mekaar meeding. BMW het sy X1, Mercedes die GLA, Jaguar sy E-Pace, en Audi sy Q3.

Lexus wil met sy nuwe baba-sportnuts, die UX, ’n voet kry in die gewilde segment vir kompakte sportnutse.

Die nuutste aankomeling op die toneel is Lexus se kompakte UX, die groep se nuwe baba-sportnuts wat vandeesweek in die land bekend gestel is.

Nes Toyota se stilering deesdae gerig is om jonger kopers te lok – dink maar aan die CH-R-sportnuts, so mik Lexus nou ook in dieselfde rigting. Meganies deel hulle egter ook heelwat. Die UX is op die einste CH-R geskoei, met die bakwerk wat net so ’n treffende, jong voorkoms het vol skerp hoeke en ’n skuins agterruit.

Plaaslik sal ons uit twee modelle kan kies, die UX200 en die UX250h. Eersgenoemde is toegerus met ’n nuwe tweeliter- natuurlik geaspireerde enjin gekoppel aan ’n palwissel-ratkas, terwyl die UX250h sy tweeliter kombineer met ’n elektriese motor.

Die ontwerpstaal van die UX is, tipies Lexus, besaai met skerp hoeke en lewendige lyne. Van die sierrooster, verby die netjiese wiele tot agter by die hoekigheid van die remligte is hy glad nie vaal gestileer nie. Daar is wel planmatigheid ook. Die pens is byvoorbeeld met ’n paneel bedek om die lugvloei onderdeur die voertuig skoner te help maak.

Binnelangs het die UX ’n lang lysie standaarditems, en meestal gerig op die jong koper. So is daar ’n lêplek vir jou slimfoon waar hy koordloos kan herlaai. ’n Deftiger afwerkingspakket, die F-Sport, bied jou bykomend lekker diep sportsitplekke en ritmodus-opsies, asook aanpasbare spoedbeheer.

Op die pad het die Lexus beïndruk met sy gewillige enjin en vasvoetige hantering, maar wat die opvallendste was, is hoe stil die motor loop. Dit voel of die Lexus oor die pad sweef tydens ons fluistertog oor die toetsroete.

Selfs die oopmaak van ’n pakkie neute versteur die stilte net soos ’n lekkergoed-papier in die fliek.

Dis wel nie ’n blitsbuks nie, versnelling van 0-100 km/h geskied maar in 9.2 sekondes, maar die UX gee ook nie voor om ’n blitsbuks te wees nie.

Selfs die oopmaak van ’n pakkie neute versteur die stilte net soos ’n lekkergoed-papier in die fliek.

Die vering is sagter en die wa gly oor spoedwalle en enige hobbelrigheid. Selfs die F-Sport-modelle ry gerieflik.

Moet dus nie dat die Sport-benaming jou mislei nie. Dis nie ’n hard geveerde, gefokusde sportmotor nie. Die UX bly getrou aan wat hy eerstens is, ’n stadskryger.

Die Lexus UX ding mee in ’n taai mark, maar die produk staan vir geen ander vervaardiger terug nie. Hy teiken die mark met die regte toerusting en die feit dat dit die nuutste en jongste toevoeging tot die segment is behoort in sy guns te tel. Dis nog redelik eksklusief en vir dié tipe koper is die lewe te kort om ’n algemene voertuig, wat laas jaar al uitgekom het, te ry.

Meer oor:  Motors  |  Oos-Kaap Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.