Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Knormoer: ‘Het ek ’n miljoen?’ se nadraai

Een van die ietwat ongewone gevolge van die koronavirus-pandemie het pas bevestiging uit die derde kwartaal se statistieke gekry.

Dit blyk nou in Europa, waar openbare vervoer oral beskikbaar is, het mense tydens die pandemie so versigtig vir dié openbare ruimtes geword dat hulle eerder ’n goedkoop tweedehandse voertuig gaan koop het.

Enigiets om die 3 000-tot- 4 000-merkie en so om tien tot 15 jaar oud is glo die gewildste. Dis nou van Brittanje en Spanje tot in Frankryk en Oostenryk, waar die nuusgroep  Reuters fyn na die jongste verkope-data gekyk het.

Webwerwe wat gebruikte motors in Europa verkoop, het almal dieselfde tendens opgemerk: Kopers het skielik na ou, goedkoop motors kom soek. Die rede? Mense ry liewer in hul eie voertuig as op ’n openbare trein of bus, waar hulle die virus kan opdoen.

Knormoer weet in Suid-Afrika het dieselfde ding gebeur. Klein, gebruikte karretjies vlieg soos tenders by ’n staatsdepartement soos mense dit opraap.

  • By ons speel die virus egter nie ’n rol nie. Dis eerder die rand, wat maak dat nuwe gesinsvoertuie onbekostigbaar vir al meer hoe mense geword het.

Kielie my Gini

Knormoer sien daar was verlede week op Kyalami ’n bekendstelling van ’n ander aard toe BMW sy nuwe, en super-eksklusiewe, M2 CS aan ’n handvol uitgesoekte kliënte opgeveil het.

Slegs 30 modelle word na die land gebring en wêreldwyd gaan slegs 2 200 gebou word. Omdat BMW weet hoe gesog hierdie baanren-gereed sportmodel onder M-entoesiaste gaan wees, het hy ’n slim gaping gesien.

Lus vir ’n nuwe kar, maar bekommerd oor Covid-19-kieme wat aan hom kan vaskleef? Maklik, sê Tata. Met dié verseëlde pakkie sê jy tata aan goggas.

Die groep het eers ’n lang lys van gereelde klante opgestel wat hy vermoed in sy M2 belang sou stel. Ná ’n bietjie geselswerk is dié lysie toe tot 73 verkort, en hulle is verlede week opgevlieg Kyalami toe waar die vervaardiger 20 M2’s sou opveil. Nou, gedagtig daaraan dat een model reeds R1,6 miljoen kos, en dit voordat sy ekstras ingereken is, kan jy dink hoeveel geld daardie aand op Kyalami van hande verwissel het.

Want Knormoer raai die gemiddelde verkoopprys was bokant R2 miljoen per voertuig.

Toe BMW hierdie veilingsplan aan die joernaliste bekend maak, het ’n tasbare snak na asem deur die vertrek gewaai. BMW het egter gou die spinnerakke verwyder. As vervaardiger kan hy slegs die formele verkoopsprys van R1,6 miljoen in sy sak steek.

Die res, wat dit ook is, word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. Dit was nie goed genoeg vir een medialid, wat ’n vurige voorstander van die EFF is, nie.

Presies hoe weet ons daardie ekstra geld gaan nie na BMW se sakke toe nie? En wat is dit met hierdie eksklusiewe veiling, en ’n saamtrek van die rykes met dik tjekboeke?

Die narratief kom natuurlik uit onkunde en ’n ongemaklikheid met die kapitalisme, sy werkings en die fantastiese voordele wat dit kan bied.

Maar die BMW-baadjiedraers moes mooi broodjies bak om dié sandbak-van-die-rykes met hul M2’s aan ’n gemengde gehoor te verduidelik, in ’n tyd van armoede, werkverlies – en belastinggeld wat links en regs gesteel word.

  • Die twee pole skuif al hoe verder van mekaar, en toondoofheid gaan dit nie nader bring nie.

Wat’s in ’n naam?

Knormoer wil nou nie wasabi op die braaivleis smeer nie, maar wat op aarde gaan aan by Toyota? Eers was daar die nuwe Starlet en nou het ons die Agya.

Starlet klink soos die nuwe enetjie in die paaldans-vertoning.

  • En Agya? Ag, ja, jy kan maar net raai. Wat’s fout met gewoon klinkende name soos RunX, Quest, Fortuner en Corolla?
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.