Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Knormoer: Jare se sosialistiese aanslag haal ons in

Wat is ’n week sonder ons guns­teling-minister van vervoer, Fikile Mbalula, wat links en regs skiet uit die heup?

Skaars het die tradisionele somervakansie teen die middel van die maand ten einde geloop, of bra Fiks laat waai met die jongste, positiewe syfers oor ons nasionale padsterftesyfer.

Sien, die syfer het afgekom – met omtrent 10% (vanaf 2019 se 1 616 tot 2020 se 1 448).

Europese voertuie – eens ons stapelvoedsel – vra Europese pryse, wat net bekostigbaar is as jy ’n mededingende ekonomie het.

Tien persent is stewig in enige minister se boek, en Fiks was nie min trots hierop nie. Helaas, die AA het gou water op die minister se ego gegooi. Danksy die Covid-19-pandemie se tweede vlaag, het padverkeer in Desember en Januarie selwers met 10% gedaal. Minder karre, minder ongelukke, Fiks.

Intussen het die minister weer die tromme begin roffel vir sy troetelplan: om die toelaatbare bloedalkoholvlak vir bestuurders tot zero te verlaag. Dit, sê Fiks, gaan die fieks wees.

  • Knormoer is opgewonde dat die minister ons paaie veiliger wil maak, maar vermoed net gegewe die owerhede se onvermoë om van enige eenvoudige taak – soos kragopwekking, entstowwe aanskaf, paaie lap en water in krane hou – ’n sukses te maak, hierdie ekstra juk ’n doodgebore administratiewe las is. Kêrels, ons het nie meer reëls nodig nie. Ons het beter toepassing nodig. Geddit?

Tekens van die tye

Knormoer het nou al geruime tyd hieroor geskryf. Maar die tekens raak ál duideliker. Ons is ekonomies diep in die knyp. Die gaping tussen ryk en arm word groter, met nuwe breuklyne wat ook in die tradisioneel “ryk” wit segment begin uitslaan. En die rykes word ál minder.

Dis als stadige tekens wat in die huidige geraas moeilik te onderskei is. Maar eendag, sê maar oor 50 of 100 jaar, sal ’n mens die geleidelike degenerasie van die ekonomie, sy koop-omgewing en algemene aktiwiteit veel duideliker kan herken.

Ons kan na algemene markaanwysers kyk hiervoor, soos die wisselkoers wat oor 20 jaar soos ’n klip geval het. Of die deïndustrialisering van die ekonomie. Die verkleining van die JSE. Die relatief hoë emigrasiesyfer van ekonomies aktiewe mense en werkskeppers, asook die werklik rykes. Die ineenstorting van die staat op nasionale maar veral plaaslike vlak.

Maar ’n ander simptoom is reeds duidelik te sien in die plaaslike motorbedryf: Watter tipe voertuie na Suid-Afrika ingevoer word. Die mark het gekrimp. Voertuie is so duur danksy ’n hopelose wisselkoers, dat dit onbekostigbaar vir die middelklas begin word het.

Invoerders het op twee maniere hierop gereageer. Enersyds bring hulle voertuie vanuit Suidoos-Asië en Indië hiernatoe – gebou vir die Derde Wêreld, deur die Derde Wêreld. Want in randwaarde is dit die enigste gesinsvoertuie wat ons nog billik hier kan prys.

En andersyds bring ons slegs die topmodelle van die enkele Westerse voertuie hiernatoe.

  • ’n Sosialistiese aanslag oor jare, en ’n omgewing waar meriete en uitkomste nie heeltemal so belangrik is nie, maak dat jy in hierdie situasie opeindig. Dis ’n hartseer situasie, en Knormoer vermoed die trajek gaan om enkele redes nie juis verander nie. As jy jonk is, kyk elders.
Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Knormoer  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.