Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Knormoer
Knormoer: Kazungula – Afrika se nuwe brug na sukses

As ’n petrolkop was Knormoer heel aangenaam verras, ligweg optimisties en in die algemeen in ’n goeie luim toe hy die WNNR se jongste verklaring lees.

Die slim ouens van Pretoria met die sakrekenaars en sewe penne in hul wit jas se bosak het ná jare se navorsing op ’n nuwe tipe teermengsel afgekom wat hulle sê nie net taaier as Jan Wilkens se voorarms is nie, maar ook goedkoper as bestaande teer.

Die WNNR het saam met ’n private teergroep, Much Asphalt, aan die projek gewerk. Ons almal weet dat swaarvoertuie ál meer vrag dra wat eintlik op die spoornetwerk hoort. Dit maak korte mette van ons paaie, wat in ’n kits uitgetrap word.

Die dilemma is weens ’n beperkte begroting gaan die padowerhede en -bouers gereeld eerder vir goedkoper opsies, wat nie so lank hou nie.

Nou sê die WNNR dat sy nuwe mengsel heelwat oplossings kan bied. Die mengsel bestaan onder meer uit ou buitebande en “myn-afvalstowwe”, wat ’n kragtige dog goedkoper polimeer-konstruksie bied as wat tans van oorsee ingevoer moet word.

Dié polimeer-konstruksie word by die teer gemeng om ’n kragtige laag te vorm wat 30-ton-vragmotors kan dra.

As toetslopie het die WNNR toe ’n 200 m-stuk pad geteer naby ’n weegskaal net buite Roodepoort. Dis ideaal, want daardie weegskaal lok al wat oorlaaide vragmotor is in die omgewing.

Die witjasse sê ná ’n jaar se monitor van die pad kon hulle geen krake, brokstukke of duike bespeur nie.

Die WNNR gaan die nuwe teer-mengsel nou aan private kontrakteurs bekend stel, asook aan Sanral, om voortaan oor die land heen as voorkeur-boumateriaal gebruik te word.

  • Hier is mos nou nog ’n voorbeeld van “boer maak ’n plan”, en ’n wonderlike suksesstorie, wat ons land vandag nodig het.
Die nuwe Kazungula-brug oor die Zambezirivier is pas voltooi. Dit bevat pad- en spoorverbindings en vervang die ou pontstelsel wat nog benut moes word.

Brug na rykdom

So van goeie nuus gepraat, nog ’n positiewe storie uit die streek is die voltooiing van die nuwe Kazungula-brug oor die Zambezirivier tussen Botswana en Zambië.

Wat dié 930 m lange pad-en-treinbrug so belangrik maak, is dat dit Zambië nou in effek direk in pad- en spoorverbinding sit met die Durbanse hawe. Die vervoer van toeriste en goedere sal dus voortaan makliker, vinniger en goedkoper wees, wat ’n groot bate is vir die ekonomieë van die Suider-Afrikaanse binneland.

Die brug is in 2014 begin by die punt waar die Chobe en Zambezi by mekaar aansluit. Om jou ’n idee te gee van waar op die kaart dit geleë is, dis reg by die ontmoetingspunt van Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe se noordwestelike grens.

Die brug het $260 miljoen gekos en is onder meer deur die Zambiese en Botswana-regering gefinansier. Daar was wel ’n kort periode toe die bouwerk gestaak is, omdat die Zambiërs nie meer kon betaal nie.

Benewens die brug gaan daar ’n eenstop-grenspos weerskante opgerig word. As jy dus deur is, hoef jy nie weer by die oorkant nog ’n keer ’n grenspos aan te doen nie.

’n Mens kan nou al heel gerieflik met hoofpaaie bykans van die Kaap tot in Nairobi toer. Nog net Soedan en die noordelike deel van Kenia bied ’n uitdaging.

  • Stadige grensposte en swak pad- en spoorverbindings was nog altyd een van Afrika se groot sementstene om die ontwikkeling-enkel.

Maar dinge begin stadigaan verander.

Audi se ekstragroot handleiding

’n Britse webwerf, Bristol Street Motors, het gaan tel hoeveel woorde Audi se nuwe A3-handleiding bevat: ’n verstommende 167 699 woorde.

Dis omtrent die dikte van ’n Harry Potter-boek. Om net te weet hoe jou kar werk.

  • Knormoer dink as die ingenieurs weer hul voertuie ligter wil probeer maak, moet hulle by die handleiding begin.
Meer oor:  Brug  |  Navorsing  |  Sukses
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.