Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Knormoer: O die Hongqi is ’n wonderlike ding
Knormoer gewaar toe dié swartskaap by die Beijing-motorskou. Dis Maybach se sportnuts-konsepmodel. Die naam “Hongqi” kom by hom op.

Knormoer is nie seker of dit die fantastiese name is, of bloot net die grootse dagdrome was wat sy aandag die eerste keer gelok het nie.

Maar ja, Zedong se Hongqi kan weer voortleef, as Byton sy sin kry.

Goed-goed, almal ernstig nou. Die Hongqi is ’n Chinese voertuig. En nie sommerso nie. Dit was Voorsitter Mao Zedong se amptelike rytuig in die vorige eeu.

Byton is die nuwe Chinese vervaardiger wat die wêreld aan die gons het met sy sportnuts-konsepmodel wat hy sê meer as 500 kW elektriese krag na al vier die wiele kan pomp.

Byton het nog nie rêrig begin om iets te bou nie. Maar hy wil graag.

Waar ’n wil is, is ’n weg, het FAW besluit en ’n beherende aandeel in die grootdromende Byton bekom. Dit wil sê, Byton se battery-tegnologie en sy drome van wêreldoorheersing.

Met Byton nou onder sy vlerk, wil die staatsgesteunde FAW ’n ou Chinese handelsmerk weer laat herleef.

Dié vergete (en onbekende, buite China) handelsmerk is Rooi Vlag. Wat, ja, reg geraai, die Hongqi destyds vir die Voorsitter gebou het.

Sê FAW die Rooi Vlag gaan so hoog wapper die huidige 300 eenhede per jaar gaan opgestoot word na 300 000. Sommer teen 2025 al.

  • Knormoer wil nou nie sy donkie met sy Hongqi verwar nie. Maar as die Rooi Vlag nie voor die jaar om is die wit vlag gaan hys nie, waag hy nooit weer sy hand aan poker, perde en ander prettige dinge nie.

Ons het ook behoeftes, man

So van elektriese karre gepraat. Knormoer hoor Goodyear beplan nou om bande spesifiek vir e-voertuie te ontwerp.

Seg Goodyear dit gaan ’n slegte jaar wees as ons nie dié nuwe segment in die motorwêreld se unieke behoeftes raaksien nie. E-voertuie is swaarder as petrol- en dieselmotors. Hulle vereis ’n band met ’n laer rolweerstand en die band moet ook minder padgeraas oplewer.

Maar moet nie in sak en as gaan sit nie, Prius-man. Daar’s hoop. Roffel die tromme vir die EfficientGrip Performance-band, Goodyear se antwoord op jou e-versugtinge.

Volgens die goeie ouens by Good­year het die band dikker sywande om die swaarder e-voertuie gemaklik te kan dra. Die syprofiel is ook in ’n windtonnel getoets om minder windweerstand te bied.

En les bes gee sy skoner oppervlak met die kleiner groewe vir jou beter greep as jy wegtrek, minder padlawaai en ’n langer reikafstand danksy ’n laer rolweerstand.

  • Goodyear beplan om die nuwe e-band teen volgende jaar in Europa, wel, uit te rol.
Porsche gebruik sommige enjins van die VW-groep, onder meer ook die geraakte 3.0-liter-diesel van die skandaal.

Maar elders, pap wiele

Knormoer ag dit gerade om sy ondersteuners in te lig dat die lys van arrestasies ná die Dieselgate-skandaal van 2015 steeds fluks op dreef is.

Net om jou geheue te verfris, in Amerika is James Laing (40 maande tronkstraf) en Oliver Schmidt (sewe jaar) reeds aangekeer en gevonnis. Albei was middelvlak-ingenieurs wat by die ontwerp- en bouproses van die sagteware betrokke was wat die kern van die gemanipuleerde uitlaatsyfers gevorm het.

In Duitsland speel die owerhede ook inspekteur Derrick soos dieselknoeiers uitgesnuffel word.

Jörg Kerner, enjingrootbaas by Porsche ten tyde van die 2015-skandaal, is oor die naweek gearresteer. Porsche gebruik sommige enjins van die VW-groep, onder meer ook die geraakte 3.0-liter-diesel van die skandaal.

Twee ander ingenieurs wat laas jaar in Duitsland gearresteer is, is Wolfgang Hatz (hoof van navorsing, Porsche) en Giovanni Pamio (Audi-baadjiedraer).

  • Dis ’n lang, maar nodige sage. Laat dit nou klaarkom sodat almal hul lesse kan leer en aanbeweeg. Dis ’n jammerverhaal.
Meer oor:  Marnus Hattingh  |  Knormoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.