Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Knormoer: Saab herleef weer, my China

Knormoer het nog altyd ’n sagte plek vir die verlore Sweedse vervaardiger Saab gehad.

Daar was altyd die eiesoortighede soos die aansitknop wat agter die rathefboom geplaas is, of die knoppie op die instrumentpaneel wat al die meters en liggies voor jou gedoof het – om jou oë te laat rus saans, sien.

Knormoer wil net die verskille uitlig: ’n Sportmotor, en ’n sportnuts. Hoe het Lamborghini dit dan met sy nuwe Urus so verkeerd gekry?

Ongelukkig vir die Sweedse Citroën het hy met dieselfde probleme gesit. Te lae volume. Nie sy eie baas nie. ’n Ander se onderstel en enjins wat gebruik moes word, kom wat wil.

Dat Saab dus kort voor lank deur General Motors verkoop is, was geen verrassing nie.

Intussen het Knormoer die wêreldwye interwebs dopgehou om te sien of sy nuwe aankopers, ’n Chinese groep genaamd NEVS, wel die handelsmerk gaan laat herleef.

Dit het toe, want die eerste “nuwe” 9-3 is pas vroeër die week in China aan die media bekend gestel.

Maar daar is ’n vangplek. Die nuwe 9-3 is ’n suiwer elektriese motor.

Die Chinese het destyds die hele produksielyn by Saab oorgeneem, maar kon nie die handelsnaamregte bekom nie. Noudat die Chinese regering ’n finansiële wortel voor plaaslike vervaardigers plaas om e-voertuie te bou, het NEVS ’n gaping gesien.

Die groep kon die bestaande argitektuur van die vroeë 2000’s redelik maklik aanpas om ’n elektriese motor en litium-ioon-battery in te sit.

Die volgende stap was om kontrakte met tussengangers vas te maak wat ’n vloot , e-voertuie (van verskeie handelsmerke) aan verbruikers sal bied.

Knormoer voel bekaf dat die Saab toe nie heeltemal herleef het nie.

  • Dalk is die suksesroete tog maar om eers ’n magdom vaal, gewone rygoed te bou en daarna met jou winste na koddige, oulike nismodelle uit te brei.
Natuurlik het Jeep reeds hierdie resep gebak: die Cherokee.

Intussen, by Toyota

Gepraat van iets vir almal bied, en daarna eers waag met koddighede, Knormoer sien by die Los Angeles-skou het Toyota ’n nuwe skimp gegee van wat hy in die mou voer.

Knormoer noem dit die baba-Fortuner. Toyota verkies iets wat meer in die mond rol: FT-AC.

Hoe dit ook al sy, die knaap maak ’n mens sommer opgewonde. Dit is ’n kompakte sportnuts met ’n heerlik ongekamde kuif as voorkoms.

Toyota sê waar sy ander klein sportnuts, die C-HR, slegs voorwielaandrywing het, bied hierdie kêrel 4x4-vastrap en ’n beter grondvryhoogte.

Maar, die beste van als vir Knormoer is die feit dat hy nie so ongemaklik soos die ou met ’n lappies-leerbaadjie by die balletvertoning lyk as jy op ’n grondpad klim nie.

Natuurlik het Jeep reeds hierdie resep gebak: die Cherokee.

  • Maar vir ’n vervaardiger wat vandag ’n stasiewa op stelte – die RAV4 – as ’n sportnuts beskou, is die konsepmodel gewis iets om oor opgewonde te raak.
Maar Knormoer wonder net, wat is hierdie ryding nou eintlik? Dit kan nie soos ’n Cayenne oor die duine seil nie.

Die Rambo Lambo, vers 2

Knormoer moet seker nie so nostalgies raak nie. Dit het Bok-rugby hom al lankal geleer.

Maar wat op aarde het die Italianers hier gepleeg met daardie pierewaaier van ’n fô-baai-fô, die Urus?

Lamborghini sal beslis sy verkope verdubbel, selfs al kos die nuwe sportnuts R3 miljoen stuk. Dis hoe laf die mark vir 4x4’s geword het.

Maar Knormoer wonder net, wat is hierdie ryding nou eintlik? Dit kan nie soos ’n Cayenne oor die duine seil nie. Dit skree houding soos uitgekoude kougom in die kies. Maar as jy ’n sportmotor wil hê, koop jy tog presies dit, en nie ’n 4x4 nie.

  • Heimlik het Knormoer op ’n herlewing van die 1980’s se LM002 gehoop. Die oorspronklike Rambo Lambo. Dis nou robuus. Met houding.
Meer oor:  Motors  |  Rubriek  |  Mening  |  Toetsbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.