Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Knormoer: VW en sy ‘stadsbou’-drome

Nou kyk, soms vang interessante konsepte Knormoer se oog, maar die idee om die ideale stad te bou? Dis mos sommer kookwater. Veral synde geagte pres. Cyril ook sulke gedagtes het . . .

Bouwerk aan die Aston Martin Residences in Florida, Amerika, het begin. Die kleinste wooneenheid is beskikbaar vir R11 miljoen. Foto: Aston Martin

Vir ’n wyle het Knormoer gewonder of hy nie maar dalk die Prez moet bel en hom hiervan in kennis moet stel nie, want enige idees behoort te help om sy droom te verwesenlik. Dit blyk toe egter hierdie stad-bou gaan gepaard met die “ideale motorbekendstelling” (volgens die agentskap se mediaverklaring) om ’n “ideale speelgrond” te skep vir Volkswagen se nuwe T-Cross.

Jammer dat ek wou pla, meneer die President.

Nou goed, tot nou toe het ons die T-Cross se hele lewensgeskiedenis saam met die ryding beleef – van steelfoto’s, ontwerpsketse en bouproses-opdaterings tot mediaverklarings van elke detail. En skynbaar word daar nou ’n hele stad vir sy uiteindelike bekendstelling gebou.

Luidens die agentskapsverklaring sal T-Cross City vir Volkswagen letterlik tot “nuwe hoogtes” neem, maar vir nou lewe “die stad” nog net aanlyn (soos in ’n droom?) voordat dit in laat September gebou sal word.

Klaarblyklik sal dit die vorm van ’n massiewe filmstel aanneem, met vele verskillende stalletjies wat elk ’n eie ervaring sal bied. En dis hier waar ons skynbaar moet help.

Want met genoeg gebruikersinteraksie op die spesiale T-Cross-mikrowebwerf word nuwe areas week ná week geopen alvorens die regte bouwerk begin. Diegene wat belang stel om die nuwe T-Cross in “die stad” te gaan toetsbestuur, kan kaartjies bekom deur hul gunsteling-ervarings te kies; hetsy komedie, jazz, sokker, kos of house-musiek.

Besoek dan www.TCrossCity.co.za, dui aan watter ervaring jy wil beleef en, siedaar, jy het kaartjies om T-Cross City op 21 en 22 September by Montecasino in Gauteng te besoek.

  • Interessant, maar gaan net die rykste provinsie in die land uit hierdie “stad” voordeel trek? Vir die res van die land bly dit net ’n Cyril-droom.

Régte stadsbou

Dalk moet ons plaaslike Volkswagen-filiaal eerder by Aston Martin gaan leer van stadsbou. Ja, Aston Martin se ontwerpers en ingenieurs het hul hande al aan vele interessante projekte gewaag, wat nou tot gebou- en binnestilering uitgebrei is. Sien, bouwerk aan die Aston Martin Residences by 300 Biscayne-boulevard in Miami, Florida, is aan die gang nadat die fondasies onlangs voltooi is. Met voltooiing in 2020 sal hierdie residensiële gebou een van die hoogste wolkekrabbers in die stad wees, en die hoogste residensiële gebou in Amerika suid van New York.

Na verwagting sal die eerste agt verdiepings van die 66-verdiepinggebou teen Desember voltooi wees. Die woonstelle in die gebou in die gebou kos van R11 miljoen tot meer as R767 miljoen, en die helfte is reeds uitverkoop.

  • Dit lyk of Aston Martin in ander portefeuljes, soos eiendom, begin belê vir wanneer die supermotormark nie meer die rekeninge kan betaal nie.
Meer oor:  Vw  |  Motors  |  Knormoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.