Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Kom vergaap jou aan desjare se motors

Die somerweergawe van vanjaar se klassiekemotorskou word Sondag by Nasrec suidwes van Johannesburg gehou.

Die klassiekemotorskou aanstaande naweek sal iets vir elke smaak bied.

Twee “nuwe” kategorieë sorg deesdae vir al hoe meer pret en plesier by dié skou, waar rygoed van toeka tot nou te sien sal wees.

Die ou motors sluit ongewone rygoed in wat niemand ooit gedink het versamelaarsitems sou word nie, asook jonger motors van tussen 25 en 35 jaar oud. Laasgenoemde sluit deesdae motors in soos die gewilde Volks­wagen Golf Mk I en Mk II, waarna jongmense drie dekades gelede opgesien het.

’n Tweedeur-Golf L met ’n 1 100 cc-enjin het in die vroeë 80’s net onder R10 000 gekos. Die paar wat nog oor is (voor die koms van die Citi Golf), is deesdae gesogte ver­samelaarsitems.

Die meer onlangse Ford Cortina is deesdae, net soos sy voorgangers, ook ’n versamelaarsitem. Dié weergawes, wat in die 1970’s die lig gesien het, moet egter nog in ’n goeie toestand wees om aanspraak as versamelaarsmotor te kan maak.

Wie onthou nog die Opel Manta? Die Mantas in Suid-Afrika het ’n 1.9-liter-enjin van Duitse herkoms gehad en was eerder stylvolle rygoed as verrigtingsmotors. Die vorm is egter wat hulle deesdae onder versamelaars gewild maak.

Talle ander bekende rygoed sal ook by die skou te sien wees, waaronder die VW 411, wat met sy lugverkoelde enjin (die laaste VW daarmee) agter nie juis veel status in die vroeë 1970’s gehad het nie.

Talle ander rygoed, soos die “rat rods”, kragmotors, die soort paneelwa wat ’n mens laat wonder het wat alles agterin aangaan, die immer gewilde VW Kombi en sy nog gewilder stalmaat, die VW Kewer, sowel as talle ander sal ook te sien – en te koop – wees.

Benewens die motors kan gesinne wat ’n uitstappie van die dag maak, ook uitsien na ’n snuffelmark, biertuin, musiekoptredes, vermaak vir die kleingoed, helikopterritte, glyrenvertonings en talle ander.

O ja, onthou die garnaalfees!

Die hekke open op Sondag 11 November om 08:00. Par­kering kos R20, en toegang is R80 vir volwassenes (R60 deur Computicket) en R20 vir kinders onder 12.

Nog inligting is beskikbaar by www.classiccarshow.co.za of bel Paulo Calisto by 066 053 5425.

  • Die Nasrec-skouterrein is langs die N1 met toegang van die Rand Show-afrit af.
Meer oor:  Johannesburg  |  Veteraanmotors  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.