Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Laat vir die grenspos? Roep die Patrol Nismo

Nissan se fris Patrol is 70 jaar jonk en om dié knewel se verjaardagkoek te versier het die witjasse by Nissan ’n spesiale Nismo-model gebou wat in beperkte getalle beskikbaar sal wees.

Voorlopig is slegs die Midde-Ooste in die visier, aangesien die groot Patrol daar al bykans legendestatus verwerf het. Maar wie weet, dalk mag ’n paar warmgemaakte Patrol Nismo’s later hul weg elders in die wêreld vind.

Die ingenieurs het die Patrol se 5.6-liter-V8 (natuurlik geaspireerd) geneem en met beter lugvloei ’n paar ekstra kilowatts uitgedraai. Vanaf ’n reeds gewillige 298 kW is die kraglewering nou opgestoot na 319 kW, terwyl wringkrag op 560 Nm staan.

Maar straks die grootste vreugde om ’n Nismo-produk te besit is nie noodwendig die ekstra verrigting nie, maar eerder die voorkoms waarmee dié unieke produkte opgetower word.

’n Sportgevoel is nie net vir sportmotors bedoel nie, sê Nissan. Sy warm Patrol Nismo is bestem vir die beste rap-video op die interwebs, verwag ons reeds.

Die Patrol Nismo kry in dié verband massiewe, swart 22-duimers, ’n rooi aksentlyn wat al om die voertuig se enkels strek en ’n groter, dieper rooster voor. Die rooster is natuurlik ook in swart afgewerk met ’n mooi diamantpatroon vir die openinge.

Inlate op die kante van die rooster kanaliseer lug na die voorste remme; ’n goeie gedagte aangesien die 2,7 ton knewel heelwat stopkrag gaan nodig hê as jy daardie 319 perde vrye teuels gee.

Aan die agterkant draf die groot sportnuts met ’n lugsnoer tussen die uitlaatpype, wat lugvloei onderdeur die 4x4 beter kanaliseer en vir meer stabiliteit sorg.

Bykomend tot die ekstra krag het die ingenieurs ook Bilstein-skokbrekers en ’n fermer vering vir die Nismo-model ingesit. Dit behoort bakrol om draaie minder te maak, wat vir ’n meer dinamiese rit sal sorg.

Binnelangs kry jy dieper sportsitplekke met fluweeltipe alcantara-leer uitgevoer. Veiligheidstoerusting sluit in ’n gonser as die radar in die neus ’n voetganger gewaar, ’n selfstopfunksie sou ’n voertuig of voetganger voor jou inbeweeg, outomatiese hoofligte en ’n koordlose herlaaivakkie vir jou slimfoon. Kom ons hou duim vas Nissan kan later ook sy wildekuif-Patrol Nismo na Suid-Afrika bring.

Meer oor:  Motors  |  Sportnuts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.