Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Lammers en Sarel in ‘9-uur’

Die Killarney-renbaan kry hierdie naweek weer die eer om as volwaardige internasionale renbaan die gasheer van die eerste uithouren oor nege uur in dekades te wees.

Die beste jaers in Suid-Afrika en ’n rits internasionale jaers kom ook deelneem.

Meer as 50 spanne sal in hierdie naweek se “Nege-uur”, soos die ren bekend staan, in aksie wees in die plek van die gereelde WRX-baanveldrenne, wat elke jaar in November aangebied is, maar soos talle ander byeenkomste die knie voor die Covid-19-pandemie moes buig.

Die Nederlander Jan Lammers is een van die groot name wat die naweek aan die nege-uur-ren op Killarney gaan kom deelneem. Foto: Colin Brown

Altesame 37 renmotors en 108 renjaers neem aan die hoofren deel. Dit sluit ’n GT-ren van 60 minute in wat nog 14 renmotors en 16 renjaers verteenwoordig. Dié 53 renmotors en 124 renjaers, onder wie vier Le Mans-24-uur-renjaers, is dus deel van die program.

Op Suid-Afrikaanse bodem is die sterjaer Sarel van der Merwe stellig die bekendste en “Supersarel”, soos hy onder aanhangers bekend staan, vier Saterdag (5 Desember) sy 74ste verjaardag.

Hy jaag saam met die Nederlander Jan Lammers, wat reeds 24 keer aan die Le Mans-24-uur-ren deelgeneem en die ren in 1988 vir Jaguar gewen het, en Jeroen Bleekemolen, wat reeds 15 keer aan die Le Mans-24-uur-ren deelgeneem en die LMP2-afdeling in 2008 gewen het, in ’n Ginetta G55 met ’n Nissan-V8-enjin.

Dr. Greg Mills, president van die Westelike Provinsie-motorklub (WPMC), jaag saam met die Suid-Afrikaanse jaers Jaki Scheckter in die GT3 Ginetta-Corvette 6.3 V8. Scheckter, wat doof gebore is, is ’n kleinneef van Suid-Afrika se enigste F1-wêreldkampioen, Jody Scheckter.

Geoff Mortimer, wat die SA Tydrentitel op die jeugdige ouderdom van 50 verower het, sal ondanks sy 84 jaar ’n integrale deel van die Team Africa-Le Mans-inskrywing vorm saam met Andrea Bate en Hennie Groenewald as spanmaats in ’n Ginetta G55 GT4.

Meer oor:  Gasheer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.