Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
LESERSBRIEF: Dít keer e-motors

Hoewel die gewildheid van sogenaamde e-motors wêreldwyd maar met ’n mate van wanpersepsie deur die publiek beskou word, meen ek daar is verskeie inhiberende faktore vir dié tipe tegnologie.

In Suid-Afrika is dit seker hoofsaaklik te wyte daaraan dat dié motors baie duurder is as brandstofaangedrewe voertuie. Dis verbasend dat ons owerheid hierdie tipe motors so swaar belas, seker omrede nie een van hulle na my kennis hier vervaardig word nie. Die owerheid sou moontlik graag sou wou sien dat hulle wel plaaslik vervaardig word, maar dis onsinnig totdat die ver­kope begin toeneem.

Die ander probleem kan dalk wees dat die vaardighede seker nie hier beskikbaar is nie en die batterye ten duurste ingevoer moet word.

Dis ook effe verstommend dat die vervaardigers van hierdie voertuie alewig op die luuksemark gerig is, terwyl hierdie voertuie veral in Suid-Afrika eintlik op ’n kleiner motor gerig behoort te wees wat hoofsaaklik vir stadsverkeer gebruik kan word, waar die batterye saans tuis gelaai kan word.

Die lang afstande tussen stede maak batteryaangedrewe voertuie ook nie ’n aantreklike proposisie nie, aangesien min herlaaipunte op die oop pad beskikbaar is.

In Suid-Afrika sit ons reeds met die probleem van die besoedeling van ons lug deurdat ons hoofsaaklik van steenkoolaangedrewe elektrisiteit afhanklik is. In die stede kan ons groenstatus sekerlik positief geraak word deur groenkrag vir vervoer te gebruik. Mis ek iets, of wat sou die rede vir hierdie situasie in Suid-Afrika wees?

Meer oor:  Lesersbrief  |  Motors  |  E-Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.