Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
LESERSBRIEF: E-motors kompeteer nié prysgewys

As ek na die foto’s van die nuwe Volkswagen ID.3 kyk, is dit alles behalwe ’n “motor vir die massas” in ons land. Ek wil ’n voorspelling waag – totdat die pryse van e-motors kompeteer met die van Figo’s, Vivo’s en andere in dieselfde prysklas, gaan hulle nie juis “massa-koper-status” verwerf nie.

Kom ons maak net ’n vinnige vergelyking – die intree-BMW i3 kos byna R658 000 teenoor R480 000 vir die intree-BMW 118. Dis ’n verskil van R178 000 (selfs die BMW 330i kos “net” R653 000).

Daardie R178 000 sal vir jou 11 125 liter petrol teen R16 stuk koop. Teen ’n verbruik van 6,4 liter sal jy 173 800 km kan ry.

Ek kan nie eens raai wat dit sal kos om die i3 vir hierdie afstand te herlaai nie, en buitendien sal die batterye miskien vervang moet word.

Die duurste i3 kos R800 000 – dis ’n heel ander storie. As jy hierdie soort geld aan ’n ryding wil bestee, is daar baie meer opsies. In elk geval as dit by hierdie prys kom, gaan eienaars hulle nie juis kwel oor die prys van petrol nie.

Die vervaardigers moet maar weer mooi gaan sit en dink.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Motors  |  E-Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.