Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
LESERSBRIEF: Kan iemand dié identifiseer?

My pa, Andries Visagie, is ongeveer in 1920 saam met ’n familielid Martiens Venter na Argentinië. Laasgenoemde wou by sy familie gaan kuier en my pa wou onder meer die geleentheid gebruik om te sien hoe dit daar lyk.

In Engeland het hulle ’n vragmotor, verpak in ’n kas, gekoop en saamgeneem.

Jan Visagie se pa (regs) het in die 1920’s ’n werkwinkel in Argentinië oopgemaak. Het enig-iemand ’n idee watter voertuie dit is?

By die Afrikaners in Argentinië, in Comodoro Rivadavia, het Venter en my pa besluit om ’n garage te begin waar hulle motors herstel en ook nuwe motors verkoop het. Heel spoedig het my pa die onderneming alleen oorgeneem.

Intussen is hy in 1926 getroud met Nella Jansen van Vuuren, wat as baba met haar ouers in 1905 na Argentinië geëmigreer het. My pa en ma het albei van Philips­town gekom en het mekaar eers in Argentinië ontmoet!

Die foto’s wys my pa se liefde vir karre. Op een foto staan my pa heel regs by die vier motors. Die ander persone het hom blykbaar in die garage gehelp.

Graag hoor ek by lesers watter motors dit is en ook die jaar van vervaardiging (1924?).

Die tweede foto is die reeds genoemde vragmotor. Hoe sou hy nie gestamp het oor die paaie met daardie soliede rubberbande nie.

Op die ander twee foto’s is my pa afgeneem by ’n motor wat blykbaar sy persoonlike voertuig was. Let op die registrasieplaat waar ’n mens kan uitmaak dat die motor vir 1924-1925 geregistreer was. Miskien verklap die verkoelerprop watter kar dit was? Dit is moontlik dat hierdie tipe karre nooit na Suid-Afrika uitgevoer is nie.

As jy gedink het jou Ford ry stamperig, kyk net na hierdie soliede rubberbande.
Jan Visagie se pa by sy persoonlike voertuig.
Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.