Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
LESERSBRIEF: Laat dié voor jou ook weet jy rem

Ek wil kommentaar lewer op Petrolkop se brief oor kant­spieëls op motors.

Ek verskil van hom en ek dink dit was ’n groot stap in die regte rigting om flikkers aan die spieëls aan te bring.

Dit kan nog verder gevoer word om groen stopligte aan die kantspieëls in te bou sodat motorbestuurders voor jou óók kan sien dat jy rem.

Ek is oortuig dat 40 persent van ongelukke voorkom kan word as daar remligte aan die voorkant van ’n voertuig is, en dis ongelooflik dat dit nog nie gedoen is nie.

Versekeringsmaatskappye sal baie baat en voetgangers se lewens sal gespaar word as jy kan sien dat die voertuig rem aanslaan.

Op dubbelpaaie waar voertuie regs draai en die verkeerslig geel is, gebeur die meeste ongelukke omdat die bestuurders dink dat aanko­mende verkeer gaan stop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.