Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
LESERSBRIEWE: ‘Dit is wat ek mooi noem!’
Ronnie Grace se mooi Pontiac van die 1950’s.

Hennie de Vos, Bellville skryf: 

My raaiskoot op Jan Visagie se pa se motor in Motors van 22/8 is dat dit ’n 1924 Fiat 503 is.

My pa, Gid de Vos, was in die laat 1950’s werksaam by die Fiat-handelaar in Bloemfontein. In omtrent 1958 het hy met ’n Fiat 1100 bakkie (in die vorm van die VW-bakkie) Meyerton toe gery en teruggekom met ’n 1919 Fiat 501.

Hulle het dit toe in hul werkswinkel van Universal Garages in Harleystraat gerestoureer.

Dit het dieselfde vorm as die 503 gehad en dieselfde 1500 cc-syklep-enjin met vier silinders en viergangratkas.

In 1960 het my pa die motor in die Uniefees-optog bestuur met die destydse Mej. SA in die passasiersitplek.

Arno Visser, Kaapstad skryf: 

Jan Visagie praat van sy oupa en nie sy pa nie. My oupa het twee broers op Philipstown gehad. Graag wil ek vasstel of hulle broers was. My oupa was Jacob Visagie.

Ek het laas kontak met Jan op Stellenbosch gehad en sal graag weer kontak met hom wil maak.

Ronnie Grace, Langebaan skryf: 

Ek verwys na die foto van die pragtige Pontiac wat in die Motor Burger verskyn het maar weet nie watter jaarmodel dit is nie. Ek dink dit is van die 1960’s.

Persoonlik dink ek dat die Pontiacs van die 1950’s baie mooier is as die een wat jy getoon het. Kyk net na my 1958- Pontiac waarvan ek twee foto’s vir jou stuur. Dit is wat ek mooi noem!

Volgens my mening is die mooiste motors wat die Amerikaners al ooit gemaak het dié van die 1950’s. En hier verwys ek na alle fabrikate.

Meer oor:  Motors  |  Pontiac  |  Lesersbriewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.