Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
LESERSBRIEWE: Is dit ’n Whippet? Is dit ’n Jewett?

Weet enigeen watter soort motor dit is?

Kas Ladman, Lyttelton, skryf:

Nog ’n Petrolkop se ou motor waaroor hy kopkrap, is ’n Whippet. Dis ’n produk van die destydse Willys-Overland Company van Toledo, Ohio, in Amerika.

Dit is moontlik ’n 1930-model. Interessant van hierdie motor was dat die wiele houtspeke gehad het. ’n Verdere interessantheid is dat vandag se Jeep die nageslag is van die Whippet. Nóg ’n interessante punt is dat die naam Jeep kom van GP (general-purpose vehicle). Die militêre Jeep van die Tweede Wêreldoorlog kom ook uit hierdie stal.

Ernie Jacobson, Lynnwoodrif, skryf: 

Die ou motor lyk na ’n Jewett (later Graham-Paige).

My vriend Danie Schutte het in 1960 ’n Jewett gerestoureer wat so gelyk het.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Motors  |  Ou Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.