Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Lotto gewen? Hier’s ’n blitswa vir jou sak
Ons het onlangs ’n paar peperduur weeldewaens getoets – almal die verrigtingsmodelle in hul onderskeie modelreekse. In dié opsig is Audi se nuwe S6 ’n ware teerpadvreter. Met ’n bul van ’n 2.9-liter-biturbo-V6 onder die enjinkap (331 kW, 600 Nm) en permanente vierwielvastrap vlieg dié Audi vinniger as ’n stout gedagte oor die teerpad. Sy voorkoms is heel onopgesmuk, in eg Duitse tradisie, maar die kajuit bied ’n modernistiese kragtoer soos min. Daar’s ’n breë, plat rathefboom, ’n groot raakskerm en sagte stemmings-beligting wat die kajuit deftig en spesiaal laat vertoon. Straks nie die suiwer krag van ’n M5 nie, maar as subtieler alternatief – gekombineer met puik padgedrag en daardie stemmige voorkoms – sal hy gou vriende wen. Prys: R1 401 500Foto: Marnus Hattingh
Meer oor:  Lotto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.