Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Mahindra blaas lewe in sy vars Pik Up

Vir ’n hele paar jaar het die Chinese bakkies op ons mark die botoon gevoer wanneer dit kom by waarde vir jou geld. Maar deesdae is dit die Indiërs op wie jy ’n oog moet hou, sou jy op die uitkyk wees vir ’n lekker bakkie met billike verrigting en afwerkings, maar sonder die peperduur pryse wat die Japanse werkesels van jou sou vra.

Ons het vroeër die jaar Mahindra se topmodel in sy Pik Up-reeks, die Karoo, vir ’n paar dae van nader leer ken en wat ’n verrassing het die ervaring nie gebied nie. Trouens, jy kan maar by enige motorjoernalis gaan kers opsteek, die antwoord sal dieselfde wees: Mahindra se Pik Up is vandag dié waarde-vir-geld-werkesel op die mark. Loshande.

Toegegee, slegs die Karoo-model het al die mooi afwerkings, die nuttige weeldes in die kajuit en ’n spiekeries voorkoms gebied. Maar nou het Mahindra talle van hierdie bykomstighede ook beskikbaar gemaak in sy goedkoper enkel- en dubbelkajuitbakkies.

As ’n sakpas-leefstylbakkie bied die Mahindra Pik Up-reeks puik waarde vir geld. Fyn opknappings beteken daar is nou meer geriefsitems standaard by die koopprys ingesluit.

Ten eerste kry al die S6- en S10-bakkies, in sowel die enkel- as dubbelkajuit-weergawes, nou die groep se breëbors-rooster waar sewe breë stawe vertikaal geplaas is. Die rooster is pikswart met enkele silwer afwerkings wat heel netjies vertoon. Weerskante is die nuwe hoofligte, wat nou ’n platter ontwerp het. Die buffer onder die rooster het nou ook ’n nuwe, ronder voorkoms wat tegelyk ook moderner vertoon.

Agter, by die laaibak, is daar ook ’n nuwe rolstaaf aangebring. En laastens kry die S10-modelle nou ook flikkerligte in die swart kantspieëls en ’n knip in die instrumentpaneel waarmee jy die petrolflap van binne af kan laat oopwip.

Spoggerig binne

In die kajuit sit daar nou ’n nuwe, groot raakskerm wat soortgelyk is aan wat die Karoo-model bied. Volgens Mahindra bied die stelsel benewens enkele nutsfunksies ook ’n satnav-stelsel. Die jongste kaarte van Suid-Afrika is opgelaai.

Onder die enjinkap sit die groep se 2.2-liter-turbodiesel (103 kW en 320 Nm) wat billike verrigting vir die grootlyf-bakkie verskaf.

  • Enkele pryse:

Pik Up S6 (4x2) – R322 499;

Pik Up S6 (4x4) – R343 499;

Pik Up S10 (4x4) – R388 499.

Meer oor:  Mahindra  |  Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.