Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Mazda bult spiere met nuwe bielie-bakkie

Noudat Mazda se nuwe BT-50-bakkie later die jaar na Suid-Afrika op pad is, is dit interessant om te sien wat Mazda in Australië in die mou voer, waar hy alreeds die nuweling daar op die mark geplaas het.

Net soos die geval met Ford is (wat ons Raptor ontwikkel het) het Mazda ook ’n klein ingenieursafdeling Doer Onder wat spesiale, maar steeds amptelik goedgekeurde, opknappings vir plaaslike modelle ontwikkel.

Mazda het nou weliswaar nie ’n Raptor van sy nuwe BT-50 ontwikkel nie. Maar die nuwe Thunder-uitgawe (ja, ons weet, Ford het ook so ’n benaming) laat ’n mens nogal twee keer kyk. En hoop dat dit later ook in Suid-Afrika te kry sal wees.

Mazda se witjasse het ’n omgekrapte weergawe van sy BT-50, die Thunder, vir sy Australiese mark ontwikkel.

Wat behels die BT-50 se Thunder-model? Eerstens, dit is net op die deftigste dubbelkajuit-afwerking geskoei, en bied ’n heerlike mooimaak-pakket wat die bakkie sommer omgekrap laat lyk.

Kyk na die swart sierwiele, die groot plastiekbeskerming by die wielboë, en ook die swart kanttrappe. Maar straks die opvallendste aan die Thunder is die bullebak sierrooster. Dis ’n geïntegreerde bosbreker, ook in swart afgewerk, met slegs klein hoofligte wat bo dit uitsteek.

Om die hele pakket af te rond, is daar ’n netjiese rolstaaf agter op die laaibak, en ’n swart toetrek-laai vir die laaibak wat elektronies oop- en toegetrek kan word.

Die nuwe BT-50 is grootliks op die nuwe Isuzu D-Max geskoei wat selwers eers volgende jaar sy opwagting in Suid-Afrika sal maak. Mazda se ingenieurs kon wel enkele aanpassings aan die enjin, voorkoms en afwerkings binne aanbring.

Onder die enjinkap sit Isuzu se opgeknapte 3.0-liter-turbodiesel, wat nou 140 kW en 450 Nm wringkrag lewer. Dit is baie meer mededingend met die Ford- en Toyota-mededingers op die mark. Krag gaan na al vier die wiele, maar jy kan in Australië wel kies tussen ’n sesgang-handrat of ’n sesgang-outo’kas.

Afwerkings en toerusting is nogal deftig vir ’n bakkie, hoewel dit duidelik as leefstylvoertuig bemark word. Items van belang sluit in outomatiese hoofligte, ’n terugdu-funksie, spoedbeheer en leerbekleedsel binne.

Meer oor:  Mazda  |  Dubbelkajuit  |  Bakkie  |  Leefstylvoertuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.