Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Merc se slordige deure

Hier’s weer die foto’s van die binneste, onderste deurhoeke van ’n spesifieke motor wat onlangs deur Rapport getoets is. Beleef het ’n braaiertjie beloof aan die leser wat kon sê watter motor se metaalafwerking op die binnekante van voordeure só ongelooflik onnet is.

Mercedes-Benz C350e: Ongelooflik onnet.
Mercedes-Benz C350e: Ongelooflik onnet. Foto’s: Egmont Sippel

Die antwoord is die Mercedes-Benz C350e wat R805 000 kos.

Merc het darem veel beter met hul E350d  gevaar. Die nuwe E-klas is buitendien die beste resente Benz; op ’n ewe voet met die GL-lewenstyler en die S-klas-Cabriolets.

In ’n groot mate skitter genoemde driepuntstermodelle omdat hul ritgehalte so goed is, ’n kernwaarde wat Mercedes – in die najaging van beter bakbeheer – op baie ander modelle (en spesifiek die A-klas en sy afgeleides) begin afskeep het.

Maar ’n motor hoef nie digby ’n miljoen te kos om overal so netjies soos die Benz E350d (R970 000) afgewerk te word nie. Die ander twee foto’s toon die deure van die Audi A3 (rondom R400 000) en die Honda BR-V-veeldoeler (rondom ’n kwartmiljoen).

Die rooi sirkel op die foto hierbo wys die area ter bespreking in die res van die teks en illustrasies. Hierdie deur behoort aan die Mitsubishi ASX.
Dis beter: Merc se E350d.
Die Audi A3.
Die Honda BR-V.

As mens sien hoe netjies dié soort ding gedoen kan word op motors wat ’n fraksie van die Benz kos, dan is dit duidelik daar is vlakke van die motorkunde waar Mercedes hul sokkies moet optrek.

Twee interessanthede van kompetisieantwoorde was dat gemaklik die meeste van vroue af gekom het, en dat die meerderheid mense gedog het dis een of ander Toyota se deure wat só erg omgekrap van binne af lyk.

Meeste van die mense wat Toyota geraai het, het gereken dis waarskynlik die splinternuwe C-HR-karnallie – dalk omdat daar op dieselfde dag en blad ’n verslag oor hom verskyn het.

Maar nee, dit was toe die C350e wat in Suid-Afrika gebou word.

Die persoon wat die naaste aan ’n korrekte antwoord was en dus die braaiertjie wen, is Sandra Kitshoff, wat veel lekkerder gaan braai as die persoon wat vir ons kompetisiemotor se ­afwerkingsgehalte moet pa staan.

Sandra se antwoord was die Mercedes-Benz C-klas.

’n Paar ander mense het Mercedes geraai, maar niemand het C-klas bygevoeg nie, laat staan nog C350e.

Geluk, dus, aan Sandra! Geniet die tjoppies!

Meer oor:  Mercedes Benz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.