Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Mooi Qashqai wys sy donkerder kant

Ietwat onder die radar sit Nissan se mooie Qashqai en wag dat kopers hom raaksien.

Daar’s egter goeie nuus: Nissan het ’n paar modelle met ’n spesiale pakket uitgerus, die Midnight Edition, wat hom sommer dadelik laat uitstaan.

Soos die naam suggereer kry jy heelwat swart aksente buite en binne. Daar’s die swart wiele, swart dakrak, ’n sierrooster wat met ’n dofswart afwerking gekleur is en kantspieëls in swart hulsels.

Binne is heelwat van die ander modelle se chroom-insetsels nou pikswart. Ek hou ook van die leerbekleedsel, waarvan die sitgedeelte met fluweeltipe alcantara oorgetrek is. Die vloermatjies kry ook ’n rooi “Qashqai”-kenteken daarop geborduur.

Die Midnight Edition bied ’n sierlike pakket wat die Qashqai dadelik laat uitstaan. Foto: Marnus Hattingh

Om met die Qashqai in die dorp rond te ry was nog altyd een van die lekkerder goed om te doen.

Ons model was met ’n 1,2-liter-petrolturbo toegerus (85 kW, 165 Nm), wat heel kragtig is vir rondrits tussen verkeersligte en die winkels.

Die CVT-tipe outomatiese ratkas voel soepel en bied nie te veel van die gekreun waaronder ouer CVT’s gely het nie.

Jy sit lekker hoog agter die stuur en jou sig reg om die wa is goed. Die beenruimte agter is gemaklik vir twee tieners, terwyl die pakplek genoeg vir ’n maandeinde-tog na die supermark is.

Nuttige hulpitems sluit in ’n trukamera wat ’n prentjie van 360° bied, ’n blindekolgonser en ’n selfstopfunksie wanneer die blikbrein vermoed jy gaan teen iets vasry.

Teen R480 800 lê die Qashqai Midnight Edition net-net binne die magiese R500 000-grens.

Vir iemand wat bereid is om ekstra op te dok vir al die ekstras sal hy sin maak. – Marnus Hattingh

Meer oor:  Qashqai  |  Nissan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.