Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
My Mazda-bakkie ’n ware kanniedood
Marius Gous se vier werkesels op sy plaas, waarvan die Mazda-bakkie heel regs ’n ware kanniedood is.

Ek besit vier ou bakkies wat almal nog in ’n lopende toestand is waarmee gereeld gery word.

Die nuutste een is ’n 1990 Mazda B2000 Drifter petrol. Maar die een waarmee ek eintlik wil spog, is my 1974 Mazda B1600 – ’n ware kanniedood. Ek het hom nuut gekoop vir R1 960. Vandag kos twee van sy bande ongeveer netsoveel.

Ná 43 jaar en 407 000 km is die ou staatmaker nog daagliks in gebruik op my plaas. Die afgelope tien jaar of so word hy net op die plaas vir karweiwerk gebruik.

Swaar vragte plaasdiere soos skape, beeste en varke, geperste bale wol, en boumateriaal soos sement, stene, sand en klippe word met hom vervoer. In droogtetye is dit weer vragte voer vir die diere.

Meestal word net kort ritte nog met hom gery. Tog het die enjin, ratkas en ewenaar nog nooit ernstige moeilikheid opgelewer nie.

Die enjin is een keer op 210 000 km oopgemaak weens
redelik hoë olieverbruik. Slegs nuwe
seëls en suierringe is ingesit. Die enjinblok is nog nooit geboor nie. Ander meganiese onderdele wat vervang of herstel moes word, sluit in die petrol- en waterpomp, koppelaar en ’n paar kruiskoppelings.

Die agtervere het al twee keer gebreek as gevolg van swaar vragte wat oor rowwe terrein vervoer moes word. Dit, asook ’n paar erdvarkgate, het gemaak dat die onderstel agter die voorwiele eers net gekraak en toe morsaf gebreek het.

Die ou Mazda se bakwerk is al in ’n gehawende toestand, want sommige van sy bestuurders was maar bra onsimpatiek en hekke, hekpale, drade, garagedeure en mure moes dit al dikwels ontgeld.

Meer oor:  Mystem  |  Veteraanmotors  |  Mazda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.