Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Naweek bied kos vir spoedvrate

Die jaarlikse Passion for Speed-byeenkoms word van 1 tot 3 Februarie by die Zwartkops-renbaan gehou en beloof om baie opwinding op te lewer.

Saterdag se program is gemik op renmotors en Sondag is die motorfietse aan die beurt.

Die jaarlikse Passion for Speed-byeenkoms word die naweek by die Zwartkops-renbaan gehou met verskeie ikoniese motors wat te sien sal wees. Foto: PAUL BLACKBURN

Die hoogtepunt op Saterdag se program is die 18de Castrol Tourist Trophy-resies vir Le Mans- en GT-motors wat voor 1968 vervaardig is. Die resies word oor 45 minute beslis en daar is reeds 21 bevestigde inskrywings. Elke motor moet een keer tydens die resies by die kuipe stop. Ikoniese motors, insluitend die Lola T70 Spyder van Rui Campos, die Cobra Mk3 V8 van Warren Lombard, die Ford GT40 van die Sweedse renjaer Jan Kling en die Chevron B8 van Michael Stephen en Jeffrey Kruger sal te sien en hoor wees.

In die Castrol Internasionale Sport Prototipe-resies vir motors wat voor 1974 vervaardig is, sal George Avvakoumides in ’n Porsche 911 deelneem.

Ander besonderse inskrywings is die Lancia Beta Montecarlo van Roy Douglas en die Ecosse van Lee Thompson.

Die veld vir die sedanmotors ouer as 1980 is met 35 inskrywings die grootste van enige van die naweek se resiese. Die motorsportlegende Willie Hepburn (76) sal in ’n Ford Capri deelneem. Johann Smith jaag in ’n Mazda Capella, Graeme Nathan in ’n BMW E9 en Seef Fourie in ’n Mazda R100.

Sondag jaag die Bridgestone Superfietse, Red Square Kawa­saki ZX10 Masters en word die Bridgestone-uitdaging gehou.

Daar sal ook heelwat aktiwiteite van die baan af wees.

Besoekers kan saam op die glybaan, in ’n 4x4 of op die renstelbaan ry. Hierdie aktiwiteite word gratis by die prys van die toegangskaartjie ingesluit.

Toeskouers kan ook te voet in die kuipe ’n draai maak. Heelwat eet- en drinkgoed sal te koop wees, daar sal ’n biertuin wees en ook speelplek vir die kinders.

Kaartjies kan vooraf gekoop word. Koste beloop R200 vir volwassenes, R130 vir studente en kinders onder 12 kan gratis kom. Om meer uit te vind of om kaartjies te bekom skakel 012 384 2299 of besoek itickets.co.za.

Meer oor:  Motorfietse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.