Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Onluste: Japan sal askies aanvaar, dié keer

Knormoer is nie seker of verlede week se grootskaalse plundery in die ooste van land die gevolg was van armoede, opportunisme, of politieke aanstigting nie. Dit lyk selfs of nie eens die owerhede en kommentators mooi seker is hoekom dinge so wild handuit geruk het nie.
Wat gee jy die man wat als in die lewe – plus ’n batterymotor – het? ’n Botteltjie Mach-Eau-parfuum, natuurlik. Dit ruik soos petrol, sê Ford.

Die gevolge is egter diep. Dit gaan nog lank sy snymerke laat.

Een so ’n gevolg was die brief vanuit Toyota se hoofkantoor in Tokio aan die Durbanse burgemeester. In die brief sê die Japanse grootbaas hul oë het gerek en hulle is benoud gemaak.

Eerstens was daar die direkte gevolg van ’n hawe wat vir ’n paar dae gesluit moes word, en wat beteken het Japan moes inderhaas ander fabrieke elders in die wêreld vra om in te staan met verskepings na Europa. ’n Taak wat gewoonlik deur die Durbanse fabriek behartig word.

Dit het die Japanse vervaardiger ekstra geld gekos.

Maar die tweede aspek wat die Japanners bekommerd het, is of dit sinvol is om steeds ’n fabriek in Durban te hê. Dis ’n suiwer ekonomiese besluit, en as dit nie sin maak nie – want geweld breek uit, wat ’n uitvoerhawe laat toemaak – dan kyk jy bloot elders. Waar daar nie geweld gaan uitbreek nie.

Twee goed: Die burgemeester gaan ’n brief terugskryf aan Japan, en askies vra. Hy gaan ook sê dit sal nooit, ooit weer gebeur nie. Bly belê asseblief by ons.

Die Japanners gaan dit aanvaar. Vir hierdie ronde.

Maar dan gaan daar ook ’n vergadering in Tokio wees: Kry ons wegstap-strategie gereed.

Wat die aanstigters en deelnemers nie snap nie, is dat die uitkring-effek groot is.

Die vervaardigers byt nog vas in die land. Maar as hulle eers uit is, gaan jy drie keer so hard moet werk om hulle weer terug te lok.

  • Die regering wil graag die Eerste Wêreld se gevorderde ingenieursbeleggings hier behou. Maar dan sal hy hierdie Derdewêreld-gedrag moet kortvat. En vinniger ook.

Ai tog, my Leaf

Nissan se klankingenieurs gaan deesdae met ’n nuwe lied in die hart soggens na die kantoor.

Die vervaardiger sê vir sy opgeknapte Leaf-batterymotor het hy nou ’n reeks klanke ontwerp wat enersyds die bestuurder moet help bewus maak van wat die voertuig doen, maar andersyds ook die omstanders moet waarsku van die stil e-motor se nabyheid.

Nissan het al in 2017 van dié kenmerk gepraat, maar kon dit nou eers in produksievorm regkry. Die hele klankpakket word Canto genoem (Italiaans vir lied), en bestaan uit ’n palet van geluide wat aktief binne en buite die voertuig hoorbaar is, vanaf stilstand tot 30 km/h.

Byvoorbeeld, as die Leaf versnel, sal die klanke ’n al hoër toon gee, en andersom as jy rem. Dit nou om omstanders te help bepaal wat die naderende voertuig doen.

Die braaivleisfeit van dié hele oefening is dat Nissan se Europese afdeling die klankpalet vir die Europese mark ietwat moes aanpas om by Europese smake in te val.

’n Sagter en rustiger toon is grootliks geskep, teenoor die waarsku-toon van die Japanse Leaf.

  • Terwyl Tesla en nou ook Volkswagen al meer harte wen in Europa met hul e-voertuie, hoop Knormoer die Europeërs kry die singende Leaf ook ’n bietjie lief.

Eau-de-oktaan

Lus vir ’n e-motor, maar bevrees jy gaan die reuk van petrol te veel mis? Byt vas, Kerneels, daar’s hoop. Ford het pas by die Goodwood Festival of Speed in Engeland ’n bottel parfuum onthul wat hy reken dié hunkering na oktaan sal besweer.

Die naam? Mach-Eau. Jip, Knormoer moes ook sy kalender opsoek.

Die botteltjie Mach-Eau is net ’n eenmalige affêre wat Ford saam met sy nuwe, batterygedrewe Mustang Mach-e gewys het.

  • Psst, Ford, ons dink daar’s ’n mark vir dié klaterwater.
Meer oor:  Durban  |  Japan  |  Knormoer  |  Onluste  |  Plunder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.