Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Opvolger vir TT laat Audi eers kopkrap

Bo in Ingolstadt is Audi se baadjiedraers tans hard aan die kopkrap oor watter tipe voertuig die opvolger vir die TT moet wees.

Die refleks-antwoord sou natuurlik wees “nog ’n TT”. Maar vandag is dit nie meer so eenvoudig nie.

Audi het in 2014 reeds dié konsepmodel, die TT Off­road, gewys. Dit klink nou of die Duitse vervaardiger volstoom op pad is om sy geliefde TT deur ’n nuwe sportnuts te vervang.

Die tydsgees het wegbeweeg van duur, kompakte sportmotors met binnebrandenjins. Net soos wat sportnutse twee dekades gelede die swartskaap vir groot stede se lugbesoedelings- en verkeersprobleme gemaak is, en hulle derhalwe met argwaan deur die publiek en stadsowerhede beskou is, net so word daar vandag gefrons oor duur tweesitplekkers met ’n raserige enjin.

Audi besef al te goed dat sou hy voortgaan om nog ’n generasie van die TT na die mark te bring, hy die gevaar loop dat die sportmotor glad nie goed kan verkoop nie. Kopers se smaak het beweeg na klein sportnutse met ’n ekstrovert ontwerp en selfs beter nog, ’n hibridiese of vol-elektriese aandryfstelsel (in Europa, ten minste, waar wetgewing hierdie koopvoorkeure bepaal).

In Mei vanjaar reeds het Audi se grootbaas, Bram Schot, opgemerk dat die volgende TT ’n elektriese voertuig sal wees. Nou berig Britse webwerwe dat die TT boonop ’n klein sportnuts sal wees.

Die sportnuts-TT sal bes moontlik op die Volkswagen-groep se MQB-platform gebou word, wat die groep vir sy nuwe ID.3 benut, die nuwe Golf-grootte e-voertuig. Dit beteken jy kan ’n sportnuts in die grootte van die huidige Q2 verwag, maar met ’n laer dak en meer sportiewe voorkoms.

Interessant genoeg het Audi so lank terug as in 2014 alreeds voelers hierna uitgesteek toe hy sy TT Offroad-konsepmodel gewys het. Dit was basies ’n geligte TT met swart plastiek- skermstroke al by die some langs. Die ontwerp sal vir die volgende TT net meer modern wees, maar met dieselfde aanslag.

Dit gaan straks net ’n gier wees om sportmotors vir sportnutse te verruil, maar dié gier strek reeds wyd in die motorbedryf.

Meer oor:  Nuwe Model  |  Audi Tt  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.