Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Padlangs: Die Weste se morele dilemma

Oor net meer as ’n week kom China se pres. Xi Jinping in Rome aan vir ’n reeks gesprekke met die Italiaanse regering – en die res van die Westerse wêreld kou reeds hul naels.

Nuwe teerpaaie strek oor China se westelike gebiede al die pad na Europa in ’n poging om Chinese goedere vinniger na die Weste te bring.

Die Italianers het klaar laat blyk hulle steun China se ambisieuse planne vir ’n uitgebreide pad- en spoornetwerk wat Beijing direk met die groot Europese handelsblok gaan verbind. Met Xi se besoek aanstaande naweek kan dié steun reeds formeel bekragtig word. Dis ’n stap wat Amerika en die res van Europa se sterkste handelsmoondhede warm onder die kraag het.

Wat ons in wese hier sien, is ’n 21ste eeuse herlewing van Marco Polo se syroete. China, net soos Japan geografies geleë aan die ver kant van Westerse markte, het ’n afstandsagterstand om sy verbruikersgoedere by potensiële kopers uit te kry.

Om hierdie rede is China die afgelope dekade al besig om sy vervoernetwerk op massiewe skaal oor land na die weste uit te brei. Grondpaaie word in nuutgeteerde snelweë omskep. Treinspore word oor bergreekse en die wêreld se hoogste plato aangelê, met selfs bevrore grond wat nooit ontdooi nie wat sy ingenieurs geensins kan onderkry nie.

Soos rooi are wat stadig kronkel en vertak en versprei, strek China se oorland-verbindingsweë stelselmatig al nader aan sy Westerse eweknieë.

Italië se versugting is niks vreemd nie. Die Italianers sê hulle steun die projek, sou China se treinspore al nader aan Oos-Europa en by sy grens by Triëste uitkom, want hulle wil Italiaanse goedere makliker en vinniger by Chinese markte uitkry.

Wat billik is. Dit is ook wat Afrika versug, as hy China se groot beursie vir nuwe projekte aangebied word. Amerika en sy Europese bondgenote waarsku egter oor dié naïwiteit. Vir die Chinese, word uit Londen, Berlyn, Parys en Washington gesê, gaan dit oor Chinese belange en voordele ten eerste.

Die wêreld sit met ’n dilemma. China bied as mark ’n massiewe afsetgebied vir enige produsent. Direkte paaie en spoorlyne, soos China se formele pad- en spooruitbreidingsplanne ten doel het, tussen Rome, Parys en Berlyn aan die een kant en Beijing ’n week of tien dae verder oos, bring groot kostevoordele. Dis vinniger en goedkoper as om jou vraghouer op ’n skip deur die Suez-kanaal na Shanghai te stuur.

Tog kan ’n mens ook ’n blad neem uit die boek van China se strategiese plan om sy pad- en spoornetwerk uit te brei.

Maar China is nie bedmaats met die demokrasie of menseregte nie. Minderhede in die weste van die land word met mening onderdruk, het ek self gesien op ’n toer deur Tibet. Die weermag rig oral wagposte en kontrolepunte op paaie op. In die stede en dorpe hou patrollies elke beweging van jou dop, en slegs goedgekeurde hotelle mag jou as Westerling huisves – en jy moet formeel as buitelandse toeris aangemeld word. Trouens, selfs toegang tot die westerse streke is nie sonder ’n permit en ’n begeleier (’n toergids, in Beijing-taal) moontlik nie.

Die punt is, China spandeer enorme bedrae aan pad- en spoorvervoer deur Sentraal-Asië na Europa. Enersyds bied dit ’n morele tameletjie aan die Weste (en liberales in Suid-Afrika), wat graag hoog opgee oor Israel se sogenaamde verdrukking van Palestyne en dan vra vir sanksies en boikotte, maar dan ewe fluks die Chinese ondersteun.

Tog kan ’n mens ook ’n blad neem uit die boek van China se strategiese plan om sy pad- en spoornetwerk uit te brei. See- en lugvervoer het nie groot infrastruktuur nodig nie. Paaie en spoorlyne word egter by die dag in Suid-Afrika verwaarloos.

Dalk is China se goue les, in afwagting op Xi Jinping se besoek aanstaande week, die potensiaal wat ’n goeie pad- en spoornetwerk jou land kan bied.

Meer oor:  Marnus Hattingh  |  Padlangs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.