Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Padlangs: Padlesse uit verre Vlaandere

Noudat die nuusblaaie bykans daagliks vertel van elektriese mobiliteit, was dit gaaf om verlede week dinge vanuit ’n ander perspektief te sien.

Vir ’n week kon ek deur Nederland en België ry, ’n kombinasie van hul openbare vervoer en om self met ’n gesinsmotor deur die platteland te toer.

E-voertuie is gewis groter nuus daar oorkant as hier by ons. Maar, bygesê, hul infrastruktuur en fisieke uitleg maak dinge anders. Dit is makliker om in ’n kompakte Europese stad met ’n e-voertuig (of poegie) sinvol oor die weg te kom as in ons uitgestrekte stede.

“My oom se motor is ’n ou masjien.” Ons was dol oor dié ou Peu­geot-bakkie van die ná-oorlogse jare wat bier karwei het. Foto:Marnus Hattingh

In Amerika raak elektriese mobiliteit ook groter nuus. En al sit hulle met dieselfde uitdaging as ons van stede wat kilometers van punt tot punt strek, het die Amerikaners die voordeel van goeie infrastruktuur. Dalk belangriker nog, hulle het toegang tot massiewe fondse.

Amsterdam is dalk ’n anomalie. Maar net om dié stad se fassinasie met fietse te beleef, is iets besonders. Die stad is nie so plat as wat ’n mens sou verwag nie. Daar is talle ou brûe wat met ’n skerp knop oor ’n grag hop. Op ’n fiets moet jy maar trap om oor dit te kom. Hier en daar is ook ’n gewone bult.

Maar tog trap die Amsterdammers ’n baaisiekel dat die speke gons. In my paar dae daar was dit maar hoogstens 11°C oor middagete. As ’n bries waai, was dit kouer. Maar oud en jonk, en sakeman en -vrou, sit kiertsregop op hul fietse en looi daai Dunlops.

Die stad het oral toegewyde fietspaaie uitgemerk, sommige kruisings selfs met fiets-verkeersligte toegerus en van daar is dit net ’n trein van bewegendes wat by jou as voetganger verbystroom.

Elektriese fietse en poegies was helaas bykans ongehoord. Maar ’n mens sien tog heelwat Teslas en enkele klein, Franse e-motors in die stadskern. Hier het Parys en Londen die voortou geneem. Gedeelde motors, waar jy by sekere parkeerruimtes in die stad ’n e-voertuig kan oopsluit en in ontvangs neem deur ’n app op jou slimfoon te benut, is meer alledaags.

Een van die Belge se beleide (dalk nie so amptelik nie, maar tog) is om elke meter van hul snelweë met straatlampe verlig te hê. Sig is dus dag en nag fantasties.

Ek vermoed die geheim lê in die mate waarin die stadsvaders die leiding gee. As jy jou binnestedelike vervoer (privaat en openbaar) wil elektrifiseer, sal daar met ’n karwats geslaan en met ’n wortel gelok moet word.

Dus, spesiale infrastruktuur en afslag as die wortel, en boetes en geen-ry-sones as die stok.

Dit gaan oor gedragsverandering, en in ’n stad wat fietsry so omarm het soos Amsterdam gaan die oorskakel na geëlektrifiseerde voertuie straks moeiliker wees as wat ’n mens dink.

Ná Amsterdam het ek ’n wye sirkel deur België gaan ry, op die spoor van ’n paar spesiale abdye. Soms op snelweë, as jy bloot vinnig van A na B wil reis en so min moontlik brandstof wil verbruik. Ander kere is ’n afdraai geneem, om tussen ses-huis-dorpies en melkplase in pragtige lenteweer te gaan toer.

Suid-Afrika? Ons het gedragsverandering nodig. En hiervoor gaan jy meer sigbare polisiëring en effektiewer wetstoepassing op kort termyn moet kry. Saam met beter opleiding.

België, as ’n klein land, het ’n pragtige netwerk van snelweë. Een van die Belge se beleide (dalk nie so amptelik nie, maar tog) is om elke meter van hul snelweë met straatlampe verlig te hê. Sig is dus dag en nag fantasties.

Die paaie se onderhoud verskil merkbaar tussen noord en suid. Die ryker Vlaamse deel in die noorde het pragtige, nuutgeteerde paaie. In die suidelike Wallonië is dit nie ongewoon om dele op die snelweg teë te kom waar die boonste laag teer uitgeruk is nie. Rybaar, maar ’n ongelyke oppervlak.

Iets anders wat opgeval het, is dat die lande baie buigsaam is met hul vasgestelde spoedgrense. Dit kan gewissel word na gelang van die weer (mistig, reën of sneeu sal ’n laer perk hê). Of in beboude areas sal die snelperk vinnig tot 90 km/h verlaag word.

Wetsgehoorsaamheid daar is ’n gegewe. Mense ry nie vinniger as die snelperk nie, en hulle beweeg terug na die middelste baan as hulle verbygesteek het.

Suid-Afrika? Ons het gedragsverandering nodig. En hiervoor gaan jy meer sigbare polisiëring en effektiewer wetstoepassing op kort termyn moet kry. Saam met beter opleiding.

Ons het goeie bestuurders nodig, nie superparkeerders nie. Daar lê nog ’n bietjie werk voor.

Meer oor:  Nederland  |  België  |  Openbare Vervoer  |  Padlangs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.