Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Padlangs: Steenkool is die haakplek, Tito

Tito Mboweni se begrotingsrede verlede week het min gedoen om die Piet Pistons van die wêreld – ek, jy en die buurman met daai lekker bakkie – te oortuig hy is ernstig om die regering se groen taks vir sy beoogde doel in te span.

Met Suid-Afrika se elektrisiteit wat van steenkoolkragstasies afkomstig is, is ’n groen taks op voertuie (sonder afkamping) ’n siniese truuk.

Die koolstoftaks wat tans op nuwe voertuie gehef word, is verhoog na R120/g CO2 vir gesinsmotors, en R160/g CO2 vir dubbelkajuitbakkies.

Dis ’n pragtige simboliese gebaar. Maar daar is geen afkamping genoem vir hierdie taks nie. Wat in effek beteken Tito kan daardie geraamde R1,75 miljard wat hy jaarliks daarmee in, bestee aan pret-projekte soos hy lus voel. Het iemand Nasionale Gesondheidsversekering gesê?

As ’n inkomstestroom in die algehele begroting is R1,75 miljard glad nie baie nie. Maar, in die regte hande en met goeie bestuur kan ons daardie geld sodanig benut dat dit indirek tog weer tot voordeel van die motoris werk.

Hier’s ’n eerste voorstel. Gebruik dit om ons raffinaderye op te knap dat ons skoner brandstof plaaslik kan vervaardig. Dit sal beteken ons voertuie se uitlaatgasse is skoner. Beter nog, ons sal al die jongste enjins uit Europa en Japan kan invoer wat so ontwerp is dat dit selfs nog skoner werking bied as wat jy daardie petrol in ’n bestaande, ou-tegnologie-enjin benut.

Dan kan jy van ’n ware groen taks praat. Dan sien ons hoe ons belastinggeld vir ons werk. Dit is ’n direkte bydrae van elke motoris om ’n rem-effek te hê op aardverwarming. Terwyl ons nog in ’n oorgangsfase is met e-motors, en e-vervoer vir ons openbare vervoerstelsels nog nie eens op die horison is nie, het ons vervoer-ekonomie nie ’n keuse nie.

Trouens, met al ons elektrisiteit wat van steenkool afkomstig is, is e-mobiliteit glad nie so groen as wat ’n mens sou hoop nie. Dit kan dus gesê word dat deur in skoner brandstof te belê, die regering ’n sterker impak kan hê op aardverwarming as sou ’n mens vandag inderhaas oorskakel na e-voertuie.

Die sleutel lê egter in daardie ontwykende trio van afkamping, goeie bestuur en praktiese planne. ’n Koolstofbelasting geskoei op al die regte geluide, maar wat eindelik net skep om dit op ander troetelprojekte te blaas, maak die motoris sinies.

Daar is tans meer as 18 miljoen ontvangers van ’n maatskaplike toelae in die land. Dit terwyl die grootste gros van private taks tans deur sowat 2 miljoen Suid-Afrikaners betaal word.

’n Maatskaplike vangnet is ’n edele gedagte. Die balans moet egter wees om jou hardwerkende belastingbetaler nie sodanig te vervreem dat jy spoedig met ’n passiewe belastingvermyding te kampe kry nie.

In die goue TT-era van Thabo (Mbeki) en Trevor (Manuel), het die belastingbasis merkbaar uitgebrei en taksinvordering jaarliks skerp toegeneem. Vermorsing was minder en besteding meer effektief. In ’n hopelose klimaat soos vandag waar vrugtelose besteding voorkom by van munisipaliteite tot staatsondernemings, raak taksbetalers sinies.

Die tweede opmerking is dat die staat dit oorweeg om hierdie groen taks nie slegs tydens die verkoop van nuwe voertuie te hef nie, maar om dit uit te brei dat jy jaarliks, met die vernuwing van jou lisensie, ’n groen taks moet betaal.

Twee opmerkings van Mboweni tydens sy begrotingsrede moet uitgelig word. Enersyds het hy gesê die uitbreiding van die groen taks is om “die groen ekonomie ’n hupstoot te gee”. Dis wonderlik, maar sonder ’n afkamping van geld sien ’n mens dit moeilik realiseer.

Die tweede opmerking is dat die staat dit oorweeg om hierdie groen taks nie slegs tydens die verkoop van nuwe voertuie te hef nie, maar om dit uit te brei dat jy jaarliks, met die vernuwing van jou lisensie, ’n groen taks moet betaal.

Dit kan die koffers merkbaar styf. Maar weer, hier is ’n gulde geleentheid om ons spoorinfrastruktuur sodanig op te knap dat swaarvragvervoer van pad na spoor verskuif word. Dit sal goed vir die paaie wees, en tot laer emissies per ton vrag lei.

Of belê in LED-lampe vir al ons snelweë se straatlampe. Span saam met die private sektor en rig e-kragpunte langs hoofroetes op waar jy jou e-voertuig kan herlaai.

Dit sal ’n direkte, positiewe bydrae wees tot die klimaat – presies wat jou taks tog veronderstel, dan nie?

Meer oor:  Marnus Hattingh  |  Motors  |  Padlangs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.