Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Peugeot 203 was heel gewild op sy dag

Daardie foto van die ou, geel bakkie verlede week in “Padlangs” het betrekking.

Dit is ’n Peugeot 203-bakkie. Hulle was destyds baie gewild in Europa en is so van 1948 af tot in die 1950’s gebou, toe dit deur die 403-bakkie vervang is.

Die 203 was Peugeot se eerste naoorlogse model.

Daar was verskeie variante, soos ’n sedan, stasiewa, paneelwa en die bakkie.

Daar is ook spesiale modelle in klein getalle gebou, soos die vierdeur-afslaankap, ’n tweedeur-cabriolet en ’n -koepee.

Daar was ook ’n snoetbussie, ambulans en les bes ’n viertrek-jeep wat as konsepmodel vir die Franse weermag gebou is. Dit is egter nie deur die weermag aanvaar nie.

Alle 203’s, ook die bakkie, is toegerus met ’n kruisvloeikop-enjin van 1 290 cc wat net meer as 40 perdekrag ontwikkel het.

Sover ons kennis strek, is net die sedanmodel na Suid-Afrika ingevoer.

Meer oor:  Peugeot  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.