Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Peugeot se nuwe kruis: Gekuur maar duur

Peugeot se mooie 3008-kruiswaentjie is pas opgekikker. Stuart Johnston het hom in die Kaap bestuur.

Vier jaar ná sy plaaslike bekendstelling is die gekikkerde Peugeot 3008 verlede week as ’n nóg aantrekliker pakket, indien nie ’n goedkoop een nie, in Suid-Afrika losgelaat.

Die visuele bevestiging van die 3008 se middellewekuur is ’n nuwe, raamlose sierrooster met vinne wat onder die herontwerpte LED-kopligte na benede hang, asook dagryligte wat soos vishoeke onder die kopligte inhaak. Die stertligte, ook met LED-tegnologie, spog nogmaals met Peugeot se drie-klou-ontwerpstema.

Tydens bekendstellingsritte op hobbelrige Kaapse paaie tussen Simonstad en Kommetjie het die GT se ritgehalte my verbaas deur die hobbels veel beter te hanteer as ander hoog geprese motors wat op dieselfde paaie op debuutritte geneem is.

Al drie variante van die hersiene 3008 vuur via ’n konvensionele sesgang-outokas uit die bekende 1.6 TPH-viersilinder-petrolturbobron (121 kW/ 240 Nm, 0-100 in 8,9 sekondes) na die voorwiele.

Die intreevlak-Active ry op 17”-allooie, die middelvlak-Allure op 18”-allooie en die topgespesifiseerde GT op 19”-allooie met 205/55-rubber.

Tydens bekendstellingsritte op hobbelrige Kaapse paaie tussen Simonstad en Kommetjie het die GT se ritgehalte my verbaas deur die hobbels veel beter te hanteer as ander hoog geprese motors wat op dieselfde paaie op debuutritte geneem is.

Die rit op gelyke snelwegteer was ook uiters stil, met lae windgeraas. En dit ten spyte van ’n sterk Suidooster!

Ek hou veral van die Peugeot se klein-deursnit-stuurwiel en die sportiewe gevoel wat dit skep, onder meer via goeie terugvoer asook goeie belading in draaie wat enige veranderings in vlakke van bandgreep duidelik na die bestuurder telegrafeer.

Die binneruim is pragtig in ’n verskeidenheid van teksture afgewerk, insluitende dubbeltekstuur-materiaal en leer.

Waarvan ek die meeste hou, is die ry knikskakelaars van gepoleerde metaal onder die infovermaakstelsel wat jou direk in kontak stel met funksies wat dikwels tydens ritte verander word, soos klimaat, klank, navigasie, jou telefoon en dies meer.

Die i-Cockpit, soos Peugeot na dié stelsel verwys, bied ’n 12,3”-hoofskerm (wat digitaal geherkonfigureer kan word om behoeftes te pas) plus ’n 10”-raakskerm.

Die GT se bestuurderstoel bied ook ’n veelpunt-masseerfunksie.

Die 3008 bied goeie ruimte vir vyf insittendes, terwyl 600 liter in die laairuim nie te versmaai is nie.

Alle nuwe 3008’s word saam met ’n 5 jaar/100 000 km-waarborg en ’n 5 jaar/100 000 km-versienplan verkoop.

  • Soos genoem is die pryse styf, maar die treffende voorkoms en uitstekende afwerking, in kombinasie met prysenswaardige dinamika, regverdig ’n prys wat vinnig na premium op pad is. Pryse: Peugeot 3008 – R515 000 tot R645 000.
Meer oor:  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.