Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Renstel-wenners werk hard vir sukses

Rensteljaers van oor die land heen het die afgelope naweek die nasionale Rotax Max-reeks aan die Gautengse Oosrand met skitterende vernuf op sy kop gekeer.

Dit het gelyk asof party jaers die naweek se renne oorheers het, maar dié wat as die uiteindelike wenners uit die stryd getree het, moes baie hard vir hul sukses werk.

Dit was veral in die topklas, die DD2-ratkasklas, die geval waar die Kaapse jaer Joseph Oelz in al drie uitdunne vir volpunte vir die dag bloed gesweet het.

Die naweek se renstelrenne in Gauteng het vir ’n paar naelskraap oomblikke gesorg. Foto: Motorsportmedia

Oelz het ren een gewen voor die voorjaer, Brandon Smith, wat deur die Kaapstadse nasionale kampioen, Sebastian Boyd, geklop is. Daarna het Oelz die septer in die tweede ren geswaai, maar hy moes hard werk om nog ’n Kaapse jaer, Jason Coetzee, in die eindronde te klop.

Oelz is as die wenner vir die dag aangewys met Smith, Coetzee, Nicolas Spanoyannis, Wayland Wyman, Niko Zafiris en Divan Braak agter hom. Boyd is voorlopig steeds voor in die kampioenskapstryd, maar Oelz het die gaping skerp verklein terwyl Smith en Coetzee ook steeds binne bereik is.

Elke jaer was in die DD2-Meestersklas vir jaers ouer as 32 op sy eie waar Michael Stephen (Gqeberha), Jonathan Pieterse (Durban) en die plaaslike held Eugene Brittz die oorwinnings gedeel het, terwyl die verdedigende kampioen van Pretoria, Nicholas Verheul, in die eerste ren uitgeval, maar later herstel het.

Verheul is as die wenner vir die dag aangewys, gevolg deur Carlo Gil, Erwin Sterne en Tinahe Ncube, terwyl Stephen steeds los voor in die titelstryd is. Pieterse het Verheul as naasvoorloper verbygesteek, met Andrew Thomas nou vierde.

Die Senior Max-renne het ook groot opwinding opgelewer, met drie verskillende wenners in elk van die uitdunne. Die Kaapstadse jaer TateBishop het die plaaslike held Kian Grottis en die Durbanse jaer Riley Horner in die algehele puntestand oortref, en hulle word deur net vier punte van mekaar geskei.

Bishop het die eerste ren gewen, maar die gewese kampioenskapvoorloper Andrew Rackstraw is weens ’n tegniese fout gediskwalifiseer. Grottis het dus die tweede ren gewen en Rackstraw die derde.

* Die Rotax Max-reeks verskuif nou na iDube in KwaZulu-Natal in Julie, met streeksrenne tussendeur in die plaaslike Rotax Max-uitdaging in die Wes-Kaap, Gauteng en KZN.

Meer oor:  Wenners  |  Sukses
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.