Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Rybare ou Stud te koop

Hoe baie lesers ken nog hierdie ou dame van Amerika?

Vintage Motors in Pretoria het pas ’n netjies opgepaste Studebaker Duplex Phaeton aangeskaf wat hulle nou te koop aanbied. Die ou Stud se dak boots die voorkoms van ’n sagtekap na, maar is eintlik ’n harde staaldak met ’n waterdigte materiaal bo-oor.

So reg uit die plaasskuur! Dié treffende Studebaker Duplex Phaeton van 1928 is tans in Pretoria te sien nadat dit dekades in ’n skuur in KwaZulu-Natal gestoor was.
Die Stud het ’n regterstuur en pragtige patina op die metaaloppervlakke.

Die Duplex Phaeton-reeks is tussen 1924 en 1928 in Amerika gebou. Die motor is destyds na Suid-Afrika verskeep waar dit tot in 1972 in Bethal gebruik is.

’n Versamelaar van Utrecht, KwaZulu-Natal, het dit toe aangeskaf en in ’n stoor geberg. In 2014 is dit terug na Pretoria waar die nuwe eienaar dit begin restoureer het, voordat dit vroeg vanjaar aan Vintage Motors verkoop is.

Volgens Stefan Buys, eienaar van Vintage Motors, is die skaars Studebaker Duplex Phaeton steeds in ’n rybare toestand en ten volle gelisensieer.

Besoek vintagemotors.co.za vir nog inligting.

Meer oor:  Veteraanmotors  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.