Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
SA jaers maak stem dik oorsee

Dit was ’n woelige naweek vir Suid-Afrika op die motorsport-front. Oorsee het die Binder-broers hulself heel goed van hul taak gekwyt in motorfietsrenne, terwyl die verkorte plaaslike motorsportseisoen ook enkele vuurwerke opgelewer het.

Die jong Darryn Binder, broer van Brad Binder wat tans in die MotoGP-reeks jaag, het Sondag sy belofte as tweewieljaer om dop te hou voortgesit toe hy vanuit ’n 11de wegspringplek sy pad oopgeveg het om eindelik in ’n puik tweede plek in die Andalusiese Moto3-ren klaar te maak.

Dit was ’n naelbyt-affêre oor die laaste paar rondtes waartydens Binder met ’n paar ander jaers om die voortou sake uitgespook het.

Gareth Woolridge sal hoop sy Ford Ranger kan die naweek in Parys ook so dwars-dwars deur die mielielande suiker. Die Ford Parys 400 word Vrydag in Parys se omstreke beslis. Foto: Quickpic

Dit was ’n puik leerskool vir hom en hy het homself goed van sy taak gekwyt.

Die bekender broer, Brad, kon egter net die 11de plek en die beste van die KTM’s in die latere MotoGP-ren op dieselfde baan behaal.

Dit was ’n dag wat duidelik nie by die Oostenrykse masjinerie gepas het nie, maar Brad het nietemin bestendig van agter af gevorder en verskeie jaers verbygesteek.

Álex Rins (Suzuki) het ’n aanvallende Álex Márquez (Honda) net-net na die wenstreep geklop.

  • In nog ’n internasionale ren het die Suid-Afrikaanse jaer Steven Odendaal ’n goeie debuut-Supersport-seisoen op sy Yamaha afgerond. Hy was Saterdag vyfde en vierde op Estoril in die seisoen se laaste byeenkoms.

Odendaal was net ’n sekonde agter die wenner, Lucas Mahias, verby die wenvlag met twee jaers tussen hulle. Dit het hom in die vyfde plek in sy debuutseisoen laat eindig.

  • Op plaaslike bodem het die Toyota-jaer Guy Botterill en sy navigator, Simon Vacy-Lyle, Vrydag hul vierde wegholsege op ’n streep in vanjaar se verkorte tydren-seisoen behaal toe hulle die NTT Delmas-tydren gemaklik kafgedraf het.
  • Die veldrenjaers kry hierdie naweek hul beurt op tweespoorpaadjies deur die veld in die Vrystaat wanneer die Parys-byeenkoms se twee rondes die seisoen afsluit.

Alle oë is op die wegholvoorlopers, die verdedigende kampioene Henk Lategan en Brett Cummings (Toyota Hilux), met hul spanmaat Giniel de Villiers in sy Dakar-bakkie met sy Spaanse navigator, Alex Haro, terug saam met hom in die kajuit.

Die Ford Parys 400 word Vrydag beslis met die hoop dat die Ford Ranger-jaers, Lance Woolridge en sy broer Gareth, die byeenkomsborg ’n eerste sege in die seisoen kan gee.

Die Toyota Parys 400 kom Saterdag aan die beurt.

Meer oor:  Oorsee  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.