Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
SA tydrenne kry Vivo-reeks
Die SA Tydrenkampioenskapsreeks kry aanstaande jaar ’n nuwe Uitdaging by – die Polo Vivo GT-bekerreeks, met motors soortgelyk aan hierdie Polo 1.0T van Paul-Hendrik Franken en Hilton Auffray.

Met die SA tydrenkampioenskap wat hierdie naweek sy tradisionele draai in die Oos-Kaap vir die Algoabaai-tydren maak, is aangekondig dat die reeks van aanstaande jaar af ’n nuwe uitdaging bykry – die Vivo GT-beker-tydrenkampioenskap.

Die vryskut-joernalis Johann Versterberig hierdie nuwe reeks volg in die spore van talle bekerreekse die afgelope 35 jaar – nie net plaaslik nie, maar ook in wêreldkampioenskapstydrenne (WRC) en is daarop gemik om Suid-Afrika se toekomstige tydrensterre te ontwikkel.

Die uitdaging is soortgelyk aan die Polo-beker-baanrenreeks met identiese motors om ’n gelyke speelveld vir deelnemers te bied om aan die nasionale kampioenskap deel te neem sonder die hoë intreekoste wat gewoonlik met tydrenne vereenselwig word.

Doelgeboude VW Polo Vivo 1.0 liter-turbomotors met nouverhouding-ratkasse, soortgelyk aan dié van Paul-Hendrik Franken van Gansbaai en sy navigator, Hilton Auffray, sal gebruik word. Dié motor het al meer as 2 500 km se toetswerk agter die rug en het hom as “uiters betroubaar” bewys. Die nuwe Polo’s sal tydrengereed klaarblyklik sowat R450 000 kos.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Motorsport  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.