Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Sê hoesit vir die N-Connecta

Knormoer moet erken hy was ietwat uit die veld geslaan toe hy Nissan se jongste spesifikasievlak op van sy modelle raaklees.
Die Mount Nicholson-ontwikkeling in Hongkong, waar ’n enkele parkeerplek pas vir R18 miljoen opgeveil is. Ons hoop die motor pas by sy parkeerplek.

Sien, deur die jare het Nissan vasgebyt met Visia, Acenta en Tekna. Maar nou, met die nuwe Qashqai op die horison, is daar dié jongste toevoegsel: die N-Connecta.

Hei jou makkie-mou! Sê hoesit vir die N-Connecta!

Knormoer is nie seker of die bemarkingspan in Tokio na te veel rap-video’s gekyk het, of net erg verlang na hul DStv-installeerder nie. Maar N-Connecta klink glad nie na iets wat weelde of sportiwiteit uitspel nie.

Eerder straatslim-geselsies.

  • Dis seker wat op kantoor gebeur as jou grootbaas in ’n bas-viool-tas uit die land gesmokkel is.

Handelaars slaan terug

Knormoer sien die motorgroepe in die land gaan nie sommer die knie buig voor die jongste opskudding oor waarborge en diensplanne nie.

As jy reg kan onthou, is die plaaslike motorbedryf tot in sy dipstiek geskud toe die owerhede (onder leiding van die Mededingingskommissie) besluit het verbruikers sal voortaan hul voertuie by enige werktuigkundige kan laat diens.

Wel, nie net by enige werkplek nie. Jy sal ook nie jou waarborg kwyt wees nie, soos tans die geval is.

Verbruikersgroepe het dié aankondiging met ’n gejuig begroet. Visioene van ’n meer gelyke bestel in die na-markse bedryf is gesien. Nuwe rolspelers sal nou ’n kans kry.

En les bes sal jy, die motoris, ’n groter keuse hê en straks jou voertuig goedkoper kan laat versien, met goedkoper (generiese) onderdele.

Wag eers so ’n bietjie, het Nada, die plaaslike beheerliggaam vir motorhandelaars, verlede week gesê. Lees eers die fynskrif.

Volgens Nada is daar heelwat ruimte in die ooreenkoms tussen die vervaardigers en die Mededingingskommissie ingebou om as grys gebied te dien. Of, as jy Knormoer is, sal jy sê die vervaardigers het heelwat ontsnap-klousules vir hulself ingebou.

Dis nou dinge soos die werktuigkundige wat aan jou duur Duitse sedan werk, moet darem ’n bepaalde vlak van kennis hê. En die regte toerusting, en diep sakke se versekering. Plus die regte opleiding. En hy moes die regte stappe gevolg het.

Sien wat Knormoer bedoel? Die bewoording is sodanig dat die vervaardigers baie vinnig kan sê jammer, jy kwalifiseer nie om aan ons voertuie te werk nie. Ons gaan ook nie vir hierdie ou se brouwerk betaal nie. Jou waarborg is daarmee heen.

Hier’s Knormoer se raad. Dit gaan ’n paar jaar se tandekry verg – uitgespeel in hofsake – alvorens almal hul lêplek gekry het. Iets soos ’n Meesterbouers-gilde in die boubedryf, waar minimum standaarde vereis word om lid te word, en net dié ouens aan bepaalde voertuie kan werk.

  • Tot dan, onderhandel met jou handelaar dat hy aan jou motor werk.

Intussen, in Hongkong

Wat gee jy die persoon wat alles het? ’n Parkeerplek in Hongkong, natuurlik.

As ’n stilhouplek vir jou vuurwa na iets gewoons klink, dink weer. Doer oorkant in Hongkong is dit so beknop, dat eienaars enigiets sal betaal om ’n staanplekkie vir hul Rolls te hê.

By ’n nuwe residensiële ontwikkeling bo die stad se hawe, waar een woonhuis se maandelikse huur onlangs R3 miljoen gehaal het, is ’n paar parkeerplekke ook opgeveil. Die hoogste bod het op R18 miljoen te staan gekom, wat die vorige rekord van R15 miljoen katswink slaan.

  • Knormoer hoop net die nuwe eienaar parkeer mooi binne die wit lyne. Reëls is reëls, immers.
Meer oor:  Hongkong  |  Knormoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.