Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Sien só na jou battery om

Met die somervakansie om die draai, maak gesinne oor die land heen weer gereed om die langpad vir ’n welverdiende wegbreek aan te pak.

Volg Battery Centre se praktiese riglyne oor hoe om ’n pap of onversorgde battery tydens jou volgende vakansie vry te spring.

Hoewel mense pligsgetrou aan als en nog wat dink, soos om Wagter na die hondehotel te neem, die koerant te kanselleer en die alarm te aktiveer, word daar dikwels van die belangrikste item in jou motorhuis vergeet: die voertuig wat agterbly.

Wanneer ’n voertuig vir ’n lang tyd tuis moet staan, kan dit slegte nuus beteken vir sy battery. Dit nou omdat die motor se talle funksies soos die alarmstelsel, die GPS-eenheid en selfs al die klein liggies wat flikker elkeen ’n bietjie, maar voortdurend, krag van die battery tap.

Dit beteken dat, hoewel met normale ryery die battery nooit negatief geaffekteer sal word nie, dit wel kan pap afloop as dit vir ’n lang tyd moet staan.

Om tuis aan te kom ná jou vakansie en ’n pap motorbattery aan te tref, is nie net frustrerend nie, dit kan ook beteken dat jy straks ’n nuwe battery ten duurste sal moet aankoop.

Onthou, om ’n pap battery weer aan die gang te kry deur jou voertuig aan ’n ander te koppel, kan skade aan die pap battery besorg.

Volgens Battery Centre kan dit ook jou battery se rakleeftyd nadelig raak, terwyl die alternator ook beskadig kan word aangesien dit nou dubbeld so hard as normaalweg moet werk wanneer jy jou voertuig weer aan die gang probeer kry.

Om al dié potensiële probleme uit te skakel, beveel Battery Centre die volgende aan:

  • Ontkoppel die battery wanneer jy met vakansie gaan. Dit is die enigste manier om seker te maak dat jou battery nie sy krag sal verloor nie. Maar onthou, jy hoef net die negatiewe kabel los te maak.
  • Maak gerus van ’n konstante herlaaier gebruik, dit sorg dat jou battery voortdurend op ’n konstante kragvlak bly.
  • Of vra ’n vriend of familielid om die voertuig elke vier dae te gaan aanskakel.

Beter nog, vra die persoon om sommer ’n ent met die voertuig te gaan ry.

Dié stappe kan als help om jou battery gesond en perdfris te hou, net soos jy, tot wanneer julle albei weer vir die nuwe jaar se skof aanmeld.

Meer oor:  Instandhouding  |  Motors  |  Somervakansie  |  Kar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.