Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Sjiek CX-30 wys Mazda se nuwe koers

Mazda is besig met fyn voetwerk in die segment vir kompakte sportnutse. Die groep het pas sy nuwe CX-30 in Suid-Afrika bekend gestel, wat kopers vir ’n wyle kan laat kopkrap.

Tans het die groep ’n heel eenvoudige en logiese struktuur vir sy nutsvoertuie. Daar is die klein CX-3, die middelslag-CX-5 en dan die groter CX-7 (wat ons nie meer in Suid-Afrika kry nie).

In 2019 het die Japanse groep egter die CX-30 onthul, wat danksy die Covid-19-pandemie nou eers by ons uitgekom het. Die nuweling is so 10 cm korter en 4 cm smaller as die CX-5, wat hom in ’n mate dus tussen die twee bestaande nutse plaas.

Maar die huidige CX-5 raak al oud. Wanneer die volgende model straks teen volgende jaar opdaag, gaan Mazda hom ietwat groter maak en meer weelderig, wat ook sy prys sal opjaag.

Die Covid-19-pandemie het hom vertraag, maar hier is hy nou – Mazda se vaartbelynde sportnuts, die CX-30.

Dit sal die differensiasie tussen die modelle weer duideliker maak.

Op die oomblik is die nuwe CX-30 se pryse byna presies dieselfde as die CX-5 s’n, wat verwarrend kan wees.

’n Mens moet egter onthou dat die CX-30 op die vervaardiger se nuwe platform gebou is, en ook nuwer tegnologie benut. Dit sluit in ’n groter raakskerm met ’n kragtiger blikbrein.

Plaaslik is ons CX-30 in drie afwerkings te kry, maar met net een enjin en ratkas. Jou afwerkings is Active, Dynamic en Individual, terwyl die groep se bekende 2.0-liter-enjin (natuurlik geaspireerd) diens doen onder die enjinkap. Kragsyfers is voorspelbaar maar so-so (121 kW, 213 Nm), en ’n sesgang- outomatiese ratkas stuur krag na die voorwiele.

Afwerkings is nogal swart en somber binne, maar als lyk netjies en minimalisties. Slegs ’n sesgang- outomatiese ratkas en die groep se 2.0-liter- natuurlik geaspireerde enjin is te kry.

Afwerkings is redelik luuks. Topmodelle kry leerbekleedsel met ’n mooi tweekleur-afwerking, parkeergonsers agter, sleutellose toegang en aanskakelfunksie, ’n sondak en dinamiese vastrapbeheer, wat die binnewiel om ’n draai liggies kan rem om jou te help skerper indraai.

Wat sy voorkoms betref, herinner die CX-30 meer aan die Mazda3-luikrug en ook die CX-3 met sy lae profiel en vaartbelynde voorkoms. Veral die C-pilaar en luikdeur is lekker skuins.

Binne is die instrumente als pikswart afgewerk, met ’n inligtingspaneel wat bo-op die paneelbord sit.

Pryse:

CX-30 2.0 Active – R469 000;

CX-30 2.0 Dynamic – R499 000;

CX-30 2.0 Individual – R540 000.

Meer oor:  Mazda  |  Sportnuts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.