Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Só lyk inspirasie vir Korea se jongste ontwerptaal

Hyundai se treffende 45-konsepmodel het met reg die tonge los gehad by die Frankfurtse Motorskou. Die motor het ’n heerlike retro-voorkoms wat aan die 1980’s se ontwerpe herinner, en dit is geen toeval nie.

In 1973 het Giorgetto Giugiaro dié konsepmodel vir Audi neergepen, die Asso di Picche. Daar’s heelwat ooreenkomste met die Pony en die nuwe 45.

Hyundai sê dit is presies 45 jaar gelede dat hy sy Pony Coupe by die Turynse Motorskou in 1974 onthul het. Die 45 het heelwat ontwerptrekke by die Pony geleen.

Maar wie en wat was die Pony?

Dié klein gesinsmotortjie was Hyundai se eerste gesinsvoertuig wat hy self ontwerp en gebou het vir die uitvoermark na Europa. Die groep het destyds in 1968 die Ford Cortina vir Ford se Asiatiese markte in sy (Hyundai se) fabriek in Korea gebou.

Toe Hyundai sy eie motor wou bou, het hy die dienste van twee Europeërs gekry. George Turnbull moes die ingenieursaspekte van die projek lei, terwyl Giorgetto Giugiaro (van Golf- en BMW M1-faam) die ontwerp behartig het.

Die Golf het skaars maande voor die Pony se verskyning sy eie debuut in 1974 gemaak. Die ooreenkomste met die skerp, wigvormige lyne en die vet C-pilaar is onmiskenbaar Giugiaro.

En . . . Kort voor die Pony se debuut het Giugiaro ’n ontwerp ingedien vir die nuwe Fiat 131-koepee (Fiat het die tender vir sy eie ontwerpers ook aan buite-verskaffers oopgegooi). Giugiaro se voorstel het dit nie gemaak nie, en later is gesê dat die Pony-koepee bloot dié verwerpte Fiat 131-koepee se ontwerp is.

Hyundai se pragtige Pony-koepee van 1974.

Hoe dit ook al sy, al die ontwerpe is pragtig. Maar kyk ook na ons foto van die Audi Asso di Picche, ’n konsepmodel van Giugiaro wat hy in 1973 vir Audi ontwerp het en wat toe by daardie jaar se Frankfurtse Skou uitgestal is.

Was dit bloot ’n bepaalde tydsgees wat geheers het, of was dit ’n ontwerper wat net een bloudruk gehad het? – Marnus Hattingh

Meer oor:  Hyundai  |  Korea  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.