Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Só rol jy met die celebs, broe’

Dis vir Knormoer ’n riem onder die hart om te sien die Stad Kaapstad het die vingers geklap en sy ridders aangesê om die strate in te vaar, pienk boekie in die hand. Gaan vang daai taxibestuurders wat so droogmaak.

En kan jy dit glo, volgens ’n verklaring van die stad het hulle toe wraggies goud raakgeboor. In net Julie alleen het hulle meer as 3 000 taxibestuurders aangekeer wat tussen hulle 13 500 boetes van ’n koel R31 miljoen opgelê is. Jip, jy’t reg gelees: R31 miljoen.

Laat Knormoer net eers die liriek onder die knie kry: “Oe, uh, u-huh, yo baby.” RD Whittington staan by sy vennoot Jamie Foxx en ’n Rolls wat te koop is.

Interessant genoeg sê die stad dat die taxi-eienaars hul boetes (in die tienduisende rande elk) met ’n bondel kontant betaal. En dan gaan maak hulle weer droog op die paaie, want een kêrel is in dié maand se optrede sommer twee keer gevang.

Die boetes het wel ’n opwaartse glyskaal. Maar elke operasie verg mannekrag en baie administrasie.

Dit verstaan Knormoer. Maar kennelik het ons ’n buitengewone probleem hier. Dus, is die antwoord dan nie om meer mannekrag te skep nie? Wat van ’n groter, doelgeboude skut vir voertuie? Boetes het duidelik nie veel afskrik- of gedragsveranderingswaarde nie.

Knormoer besef dit is als korttermyn-oplossings. Op lang termyn moet opvoeding by skole gedoen word. En op mediumtermyn moet die bedryf strenger gereguleer word: ’n minimum salaris vir die bestuurder, en belasting op inkomste.

Die taxi’s het ’n ongelooflik effektiewe manier geword om duisende arm mense van kitsvervoer te voorsien. Dit is ook baie gerieflik: Dorothy vra sy wil voor Shoprite afgelaai word, en die taxibestuurder doen dit. Die busdienste kan nie hiermee meeding nie.

Tog werk die taxi’s nie in ’n lugleegte nie. Daar is ander padgebruikers, en almal se regte en teenwoordigheid moet gerespekteer word.

  • Knormoer sê: As ons almal die voordele van die 21ste eeu wil geniet, moet ons almal volgens dié stelsel se reëls speel.

Ek soek ’n Lambo en Rolls, yo

Dit is glad nie die wêreld wat Knormoer bewandel nie. Maar klaarblyklik is daar mense wat bereid is om ’n miljoen of tien op ’n kar te bestee – en dit sommer met hul Insta-rekening.

The New York Times berig verlede week van ene RD Whittington, ’n 35-jarige knaap wat in Arizona woon en duur motors by ’n handelaar verkoop.

Hulle wou die Bugatti in goud beslaan hê, met ’n jagluiperd binne. Maar ek het die streep by die jagluiperd getrek.

Als gaaf tot hier. Die tjoklit-sous op die storie is egter dat ou RD ook ’n Instagram-rekening het (Wiresonly) waarop hy eksotiese motors adverteer.

Ook nog niks vreemds nie. In Boksburg en Bellville doen menige handelaar dit. Maar, ons vriend RD ken spesiale mense. Soos rappers, met dik beursies.

Sê RD aan die koerant: “Toe kry ek ’n boodskap op my foon, van TMG Fresh: ‘Is daai Merc-G-klas-6x6 te koop?’ En toe gee ek hom ’n prys van ’n miljoen dollar. En hy koop dit, dadelik.”

Want sien, dis die ander truuk van Wiresonly. Jy kan dadelik ’n miljoen oorplaas, sonder vrae of probleme. En baie diskreet.

Toe Taylor Swift ’n Bugatti Veyron vir haar nuwe musiekvideo wou hê, kon RD Whittington help, teen $80 000.

“Hulle wou die Bugatti in goud beslaan hê, met ’n jagluiperd binne. Maar ek het die streep by die jagluiperd getrek.”

Die rapper Future het ’n Lamborghini Urus op die Insta-rekening gesien, en besluit om dit te koop. Met ’n Rolls-Royce Cullinan en ’n oopdak-Mercedes-Maybach.

“Ek weet wat my kliënte wil hê,” sê die jong sakeman.

“My Insta-rekening is vertroulik, en hulle het net ’n foto nodig om ’n besluit te neem. Hulle wil nie nog na ’n handelaar toe gaan en met papierwerk sukkel nie.”

  • Knormoer het pas besef hy is in die verkeerde beroep. Bemarking op sosiale media, dis waar dit is. Maar miskien moet hy klein begin: Goue kettings en bikini’s vir die musiekvideo’s.
Meer oor:  Motors  |  Knormoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.