Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Soepel C5-nuts lei Franse se aanslag

Die vlagskip in Citroën se aanslag is die C5 Aircross wat teen mededingers soos die Kia Sportage, Volkswagen Tiguan en Nissan Qashqai moet sake uitspook. Hy is ook die jongste model onder die drie en het verlede jaar sy verskyning gemaak. Hy deel sy onderstel met die Peugeot 3008 en 5008.

Citroën het die C5 Aircross se voorkoms effens ingekatrol met minder uitspattighede wat hom ’n raps meer volwasse laat lyk. Hy is egter ver van vaal af en behoort steeds in die parkeerterrein uit te staan met sy plastiek-borrelpanele teen die deure en kleuraksente by die dakrelings en buffer.

Die vlagskip in Citroën se modelaanbod, die C5 Aircross.

Binne word jy gepamperlang deur talle luukshede en sagte, breë sitplekke. Agter is daar drie groot sitplekke wat individueel vorentoe en agtertoe kan skuif, terwyl die rugleunings ook agtertoe kan kantel. Die bagasieruim kan van 520 liter tot 720 liter vergroot word. Die instrumente voor die bestuurder is heeltemal digitaal en herinner nogal aan Audi se Virtual Cockpit-voorkoms. Soos te wagte is die toerustingvlak hoog met verskeie bestuurshulpmiddels wat jou veilig hou op die pad.

Hoe ry hulle?

Ons het nie veel tyd agter die stuur van die drie nuwelinge deurgebring nie, maar die aanvanklike tekens lyk goed. Die C3 het veral beïndruk met sy aangename rit en die gewilligheid van die driesilinder-enjin. Die outomatiese ratkas doen sy wisselwerk ook sonder veel klagtes. Hoewel ons hom nie bestuur het nie, vermoed ons die makker 60 kW-weergawe gaan effens sukkel, veral op die Hoëveld.

In die C3 Aircross se geval word die verrigting effens ingeperk deur sy groter afmetings en swaarder gewig, maar hy voel steeds gewillig genoeg, selfs op die snelweg. Die ritgehalte is ook aangenaam en hy het selfs ’n slegte grondpad sonder veel drama gehanteer.

Die C5 Aircross het veral uitgestaan met sy ritgehalte wat hom oor die meeste padongelykhede laat “sweef”, met die reeds genoemde slegte grondpad wat heel gerieflik gevoel het. Dit is deels te danke aan Citroën se vering wat hidrouliese stoppers aan weerskante gebruik wat die kompressie- en terugslag-aksie versag om erge stampe te voorkom.

Die stuur voel ’n bietjie te lig, veral teen vinniger snelhede en met sy regop voorkoms en sagte vering is daar wel ’n redelike hoeveelheid bakleun om draaie.

Slotsom

Dis ’n riskante stap van Citroën om ná ongeveer drie jaar se afwesigheid weer sy kanse in die plaaslike mark te waag, en hy gaan ’n reusetaak hê om kopers se vertroue terug te wen Maar dalk het dit niks met geluk of kanse uit te waai nie, want Citroën het sy huiswerk gedoen en sy geweer met die regte buskruit gestop in die vorm van drie indrukwekkende rygoed.

Met mededingende pryse en ’n vyfjaar-/100 000 km-waarborg en vyfjaar-diensplan lyk sy kanse beter as ooit om sy kleim af te steek in die plaaslike mark.

Meer oor:  Nuwe Model  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.