Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Son sak vir Eclipse se dubbelruit

Citroën het dit twee dekades gelede met sy C4 probeer. Honda het kort hierna vir sy Civic ook so ’n dubbelvlerk-glasstert gegee. En toe kom Mitsubishi, ’n jaar of vier gelede, en stel sy Eclipse Cross met einste gesplete luikrug-venster aan ons voor.

Maar ja, net soos met die Civic en die C4, moes Mitsubishi toe ook die knie buig voor die konserwatiewe smaak van die breë publiek. So gaaf as wat jou ontwerp dalk op papier lyk, is die wêreldmark in die algemeen maar konserwatief en word “uitheemse” ontwerpe nie sommer beloon nie. Onthou die Fiat Multipla?

Vervaardigers en hul ingenieurs sal hul ontwerpers strykdeur rugsteun. Toetse word vooraf breedvoerig gedoen om te sien of ’n agtervenster wat ’n ingeboude drukvlerk bied (en daarmee dus die venster in twee dele verdeel), werklik jou sig na agter genoegsaam verswak dat dit gevaarlik raak. En elke keer is die antwoord nee. Jy kan steeds veilig bestuur.

Mitsubishi het ’n veel konserwatiewer voorkoms aan sy opgeknapte Eclipse Cross gegee. Weg is die gesplete agterruit van weleer, en terug is die gewone, normale venster. Wat almal het.

Maar dis grootliks ’n kop-ding, as dit dan nie ’n fisieke visuele versperring is nie. Omdat jy weet jou agterruit het ’n drukvlerk halfpad in sy hoogte, pla dit jou, en raak jy bekommerd jy sien iets straks agter jou nie raak nie.

Vir die opgeknapte weergawe van die Eclipse Cross, wat pas oorsee ten toon gestel is en bes moontlik vroeg volgende jaar na Suid-Afrika sal kom, is dié gesplete agtervenster nou vervang met ’n tradisionele agterruit, sonder daardie ingeboude drukvlerkie.

Ons het gedink die venster-met-’n-drukvlerk het heel sportief gelyk, en ’n tikkie uniekheid op die pad gebied. Die Eclipse Cross is immers ’n klein sportnuts wat op jong kopers gemik is. Daarom die aanvanklike waaghalsigheid met sy ontwerp, om mee te ding met Toyota se ewe uitdagend gestileerde C-HR en Honda se HR-V.

Maar, as miljoene mense wêreldwyd sê Crocs is mooi . . .

Wat die Eclipse Cross se vooraansig betref, het Mitsubishi die forse en vertikale rooster grootliks behou. Daar is nou net minder chroom en meer swart panele om die swart rooster sober te laat vertoon. Ons merk ook platter hoofligte op, wat nou LED-lampe bevat.

Binne is daar nou ’n groter raakskerm wat nou bo-op die instrumentpaneel geplaas is. Dit bied nuwe, groter ikone en ’n beheerstelsel wat makliker deur al sy keuselysies bewerk kan word.

Onder die enjinkap sit daar steeds Mitsubishi se twee petrolenjins wat hy tans ook in die Eclipse Cross inspan. Basiese modelle kry die 2.0-liter-natuurlik geaspireerde enjin (110 kW, 198 Nm), terwyl topmodelle aangevuur word deur die relatief nuwe 1.5-liter-turbo (110 kW, 250 Nm). ’n CVT-tipe outomatiese ratkas stuur die krag na die voorwiele.

Die klein Eclipse Cross ry inderdaad heerlik, en ons vertrou dat die opgeknapte model dié resep grootliks sal voortsit. Dit is ’n geval waar kopers net ’n slag agter sy stuur moet gaan inskuif om dit te ervaar. Dalk sal die nuwe, meer normale agterruit kopers wat voorheen huiwerig was, nou oorreed om by ’n Mitsubishi-handelaar in te drentel vir ’n toetsrit.

Meer oor:  Eclipse  |  Ontwerp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.