Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Staatmaker sit nie voet verkeerd

Volkswagen Polo Vivo

As daar nou een staatmaker is naas Marmite en Aromat, is dit Volkswagen se Vivo. Die huidige Vivo is op die gewilde, vorige Polo gebaseer en bied jou puik waarde. Selfs al is hy teen net onder R220 000 nie die goedkoopste van ons viertal nie.

Een van die Vivo se sterkpunte is sy puik boukwaliteit – struktuur, afwerkings, en dan ook sy herverkoopwaarde. Dis in die geheel net ’n goeie pakket wat jy aanskaf.

Volkswagen se Vivo.

Die Vivo bied ’n flukse enjin van 1.4-liter (55 kW, 130 Nm) wat ’n goeie verbruiksyfer van 5,7 liter oplewer.

Kyk mooi na die toerustingvlakke en wat als nodig of noodsaaklik vir die student in jou huis is, want dit wissel nogal tussen die modelle in die reeks. Die voordeel is dat jou Vivo altyd ’n sterk herverkoopwaarde sal hê. Die diens- (2 jaar/30 000 km) en waarborgplan (3 jaar/120 000 km) vergelyk ook goed met die res van die bedryf s’n.

Prys: R218 100

Meer oor:  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.