Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Stof en adrenalien in woestynren by Upington

Met brullende enjins en stofwolke wat in die lug hang, is die Toyota Gazoo Racing SA (TGRSA) 1000-woestynren die naweek vir die eerste keer in Upington aangebied.

Giniel de Villiers en Dennis Murphy. Foto’s: Verskaf

Die derde ronde van die Suid-Afrikaanse veldren (SACCS) het Vrydag op die dorp begin en Sondag by Louisvale, sowat 20 km buite die dorp, geëindig.

Die span wat Vrydag die kwalifiserende Pirelli-wedren oor 105 km gewen het, was die Ford Castrol Cross Country Ford Ranger-span, met Gareth Woolridge en Boyd Dreyer.

Hulle het die been seepglad in ’n tyd van 01:05:17 voltooi.

Giniel de Villiers, wenner van die Dakar-tydren in 2009, en Dennis Murphy, wat in TGRSA se Toyota Hilux gery het, het deelgeneem.

Willem du Toit en Victor Fincham van Upington het Vrydag hul tuisdorp trots gemaak deur in hul CR-T eerste in die P-klas te eindig.

Deelnemers in die kategorie vir spesiale voertuie moes Saterdag hul storie ken op ’n roete vol sanderige stroke en gevaarlike klippe.

Jannie en Chris Visser.

Die gesamentlike uitslae van Vrydag en Saterdag se wedrenne het die wegspring-volgorde vir Sondag bepaal.

Om in die dik sand te jaag is ’n uitdaging, veral vir die SxS-voertuie. Hoewel die klas A- en P-voertuie met kragtige enjins toegerus is, is daar geen voorruit nie en is hulle slegs tweewielaangedrewe.

Al die spanne het egter die TGRSA 1000-woestynren voluit geniet.

Johan Horn en Leander Pienaar.

Clint Gibson, veteraan-deelnemer, sê dit is dalk die naaste wat hy daaraan sou kom om in Dakar-wedrentoestande mee te ding.

Lance Trethewey en Adriaan Roets van Schalk Burger Motorsport BAT het Saterdag, ondanks ’n tydverlies weens ’n pap band, steeds voorgeloop. Hulle is ’n voormalige kampioenspan en was ná die Pirelli-kwalifiseringswedren voor.

Lance Trethaway en Adriaan Roets.

Hulle het die halfpadmerk in 6:04:46 bereik en was die voorlopers in die A-klas.

John Thomson en Maurice Zermatten van Mormond Zarco, ervare woestynrenjaers, het ondanks erge teenspoed met elektroniese probleme, oorverhitting en sukkelende vering deurgedruk en Saterdag algeheel derde geëindig.

Die woestyn het alles van die Can-Am Maverick SxS-voertuie en die jaers geverg.

In Sondag se wedren moes die deelnemers 400 km aflê. Die volledige uitslae sal later beskikbaar wees.


Meer oor:  Upington
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.